Wildsyfers beste in 150 jaar

Alhoewel Namibië se wildsyfers vanweë jagprogramme beter as ooit lyk, loop plaaslike jagpraktyke onder skerp kritiek deur.
Elvira Hattingh
Elvria Hattingh - “Ons het vandag meer wild in Namibië as enige tyd oor die afgelope 150 jaar. Hoekom ervaar die jagbedryf dan nog steeds globale druk uit alle oorde?

“Napha sowel as die ministerie van omgewing en toerisme het menigte kere en met meriete bewys dat bewaring deur volhoubare jag werk.”

Die Namibië Professionele Jagvereniging (Napha) se president, me. Danene van der Westhuyzen, het gister (27 November) tydens die vereniging se 45ste jaarvergadering gesê Namibië loop hom steeds vas teen ‘n internasionale verbod op trofee-invoere, lugrederye wat weier om trofees te vervoer, asook bykomende koste op die vervoer van jaggewere en trofeë.

Sy het gesê met al hierdie aanslagte op die jagbedryf was Namibië se wild nog nooit meer kwesbaar nie en die jaggemeenskap nog nooit swakker en meer desperaat nie.

“Ons ervaar uitermatige protes teen jag en agressiewe antijag-veldtogte wat so ver gaan as om jagters te identifiseer en haatpos, asook doodsdreigemente, aan hulle te stuur.

“Die antijag-gemeenskappe mislei graag die wêreld en blameer die afname in wildsgetalle wat in ander lande voorkom, op ons jagbedrywighede, maar weier om onderskeid te tref tussen wettige jag en stroping,” het sy gesê.

UIT EIE BODEM

“Die mes in ons jagters se rug is ‘n handjievol oningeligte Namibiërs wat antijag-veldtogte begin en op sosiale media te kere gaan oor jagters se foto’s.

“Hulle lewer lelike kommentaar oor Napha se luiperdsensusprojek en kruisig die ministerie van die omgewing en toerisme as hulle leeus na groter en beter beskermde habitatte verskuif of omdat hulle permitte uitreik vir die skiet van probleemdiere.

“Wie is die eintlike sondaars en sinnelose ‘moordenaars’? Is dit dié wat jag teenstaan, of is dit die stroper wat wild uit armoede doodmaak?

“Of is dit ék wat selektief jag maak op ou manlike diere en hierdeur geld genereer om ander wild en hul habitat te beskerm? Is dit dalk dié wat vals inligting publiseer of miljoene insamel deur die publiek verkeerde inligting te gee en jag as boos af te maak?

“Net omdat iets deur die meerderheid aanvaar word, maak nie ‘n leuen die waarheid, of iets boos goed nie,” het Van der Westhuyzen gesê.

Sy het gesê Napha-lede tree verantwoordelik en binne die raamwerk van die wet op, en is besigheidsmense wat nie so simpel sal wees om die hulpbron waarop hulle vir oorlewing staatmaak, te verwoes nie.

“Dit is ‘n onbetwisbare feit dat jag die nodige ekonomiese aansporing bied om wild te bewaar en hulle hul bestaan te regverdig teenoor alternatiewe soos landbou en die aanhou van vee. Jag is die een ding wat ‘n habitat beskerm.

“Sonder ‘n gesonde en natuurlike habitat, sal ons geen wild meer oorhê nie.

“Teen die einde van die dag bewaar ons net wat ons liefhet, ons het net dit lief wat ons kan verstaan. Ons verstaan net wat ons geleer word. Ek is daarvan oortuig dat as jy iets wil bewaar – jou siel, jou verhoudinge, jou familie, jou land – staan jy op en veg daarvoor.

“Geen verskonings, geen ompaaie en geen debatte nie – jy staan op en sê genoeg is genoeg. Dit is wat ons sal doen.”

Sy het gesê jag in Namibië is ‘n integrale deel van ‘n suksesvolle bewaringsmodel wat gemeenskappe, wild en natuurlike ekostelsels bevoordeel.

DIE WARE OORSAAK

Volgens Van der Westhuyzen wil antijag-aktiviste nie verstaan dat die ware afname in wildsgetalle in Afrika deur ‘n bevolkingsontploffing en die gepaardgaande verlies van wild se habitat veroorsaak word nie.

Sy sê die groeiende omgewingsvoetspoor van oormatige toerisme-bedrywighede verger die situasie, omdat dit tot al hoe meer geteerde paaie, elektrisiteitslyne, groter watergebruik en berge vullis lei.

“Daarteenoor soek ‘n jagter niks meer as onaangeraakte, oop landskappe en wilde diere wat ongehinderd leef nie. So ‘n jagter bring dieselfde hoeveelheid inkomste in ons land in as 2 000 toeriste,” het sy gesê.

Van der Westhuyzen sê Napha-lede speel ‘n leiersrol in bewaring en belê in navorsing, asook wetenskaplike opnames oor wild.

“Soos dié wetenskaplike kennis uitbrei, is ons lede die toepassers daarvan.”

‘N WILDMEKKA

Van der Westhuyzen het gesê alhoewel Namibië se bevolking na verwagting teen 2038 sowat 2 miljoen meer as 20 jaar gelede sal wees, bied dit steeds groot, oop vlaktes en habitatte vir alle spesies om vrylik rond te kan beweeg.

“Ongeag hoe ons mensebevolking gegroei het, het ons olifantbevolking van 7 000 tot 23 500 oor die afgelope 20 jaar vermeerder en die leeubevolking in die weste van die land het van 20 tot 150 vermeerder.

“Ons het steeds die wêreld se grootste bevolking van vrylopende jagluiperds en swartrenosters, en meer as 70% van die land is onder die een of ander vorm van bewaringsbestuur,” het sy gesê. Volgens haar beteken dit Namibië beskik oor een van die wêreld se grootste, ononderbroke bewaringsgebiede.

Sy het bygevoeg dat jag ‘n onuitwisbare deel van ons geskiedenis vorm en ons kan leer wie ons is.

Vogens Van der Westhuyzen is die viering van Napha se 45ste bestaansjaar merkwaardig. “Dit is ‘n prestasie om op trots te wees. Ek weet nie van enige ander Afrika-jagvereniging wat reeds só ‘n merkwaardige mylpaal behaal het nie.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.47 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.16 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.87 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.16 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 313.37/OZ DOWN -0.0043 | Copper US$ 4.44/lb UP +0.66% | Zinc US$ 2 819.60/T UP 0.63% | Brent Crude Oil US$ 87.86/BBP DOWN -0.0054 | Platinum US$ 909.89/OZ UP +0.00% Sport results: Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Weather: Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.47 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.16 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.87 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.16 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 313.37/OZ DOWN -0.0043 | Copper US$ 4.44/lb UP +0.66% | Zinc US$ 2 819.60/T UP 0.63% | Brent Crude Oil US$ 87.86/BBP DOWN -0.0054 | Platinum US$ 909.89/OZ UP +0.00%