Wildsfees skud vere reg

Lloyd Zandberg
Die uiters gewilde Outjo Wildsfees vind vanjaar van 3 tot 4 Mei op Outjo plaas. Anders as vorige jare, bied die geleentheid vanjaar verskeie nuwe aktiwieite en vermaak aan.

Namibiërs is dol oor hierdie fees en jaarliks woon ‘n geskatte 3 500 mense dit by.

Hoogtepunte op vanjaar se program is groot name uit Suid-Afrika.

“Ons het baie moeite gedoen met die baie SA kunstenaars, sowel as al die buite-aktiwiteite wat vanjaar verander. Ons trek vir die hele Outjo Wildsfees ’n nuwe baadjie aan. Ons werk al sedert Oktober 2018 aan vanjaar se fees. Jan Rhaap, Juan Boucher, Die Broers, Snotkop , Kevin Leo, Jo Foster, Jay, Caroline Grace, Pedro Kruger en Jo Black kom kuier vanjaar by ons.”

Só sê Lize Scholtz, organiseerder van die fees.

Buiten gewone stalletjies en kunstenaars bied die Outjo Wildsfees vanjaar ook ‘n groot perdebyeenkoms op Sophienhof.

“Die perdebyeenkoms worddeur Outjo Reitclub aangebied," sê sy.

“Die proe-en-kuier-tent se opset het ook verander; daar sal ook kunstenaars optree saam met ‘n dinee wat ons bied.”

Op tuisfront is daar ook ‘n lys gewilde kunstenaars om feesgangers trots te maak.

Onder meer sal Len en Joretha Nel, Danie Prinsloo en Alida, Two Hats en Sky Productions met sy verskeie kunstenaars, hoofsaaklik skoolkinders, tydens die fees optree.

Hou Kollig vir verdere inligting dop.

Kaartjies is by computicket.net beskikbaar.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!