Wildsfees kry nuwe baadjie

Vroeë beplanning en 'n nuwe logo voorspel dit gaan 'n uithaler­geleentheid wees.
Augetto Graig
Groot veranderinge word vir volgende jaar se bekende Outjo Wildsfees beplan.

Nuwe lewe word in die fees geblaas deur 'n benadering, vroeë beplanning en topkunstenaars. Boonop kry die fees 'n nuwe logo.

Dus gaan een van Namibië se gewildste jaarlikse feeste 'n onvergeetlike Sweet 16 hê.

Die fees is vir die eerste keer in 2003 gehou toe die Otjikondo Boerevereniging dit van stapel gestuur het om 'n geleentheid van 'n wildsveiling te maak.

Die wildsveiling het ­sedertdien 'n ­jaarlikse ­instelling geword, hoewel onderhandelinge vir ­volgende jaar se veiling voortduur. Die fees het oor die jare een van die gewildste gesinsgeleent­hede in die land geword.

Die dorp se ­inwoners en besighede het al meer ­betrokke by die fees geraak en die bestuur daarvan is in 2014 oorgeneem toe dit in 'n ­finansiële ondersteunings­vereni­ging vir die Outjo-­gemeenskap omskep is.

Volgens feesorganiseerders word die Outjo Wildsfees volgende jaar op sy kop gekeer.

“Ná die 15de fees in 2018 is besluit om die uitleg van die fees, wat elke jaar op Sophienhof Lodge, 10 km buite Outjo gehou word, te verander.

“Daar is heelwat nuwe trekpleisters, terwyl die gewildstes, soos die skaapkop-ete, bly en selfs beter gaan wees,” sê me. Liselle Scholtz.

Lesse wat organiseerders oor die jare heen geleer het, het veranderinge aan die uitleg van stalletjies, die dansbaan en die plasing van die verhoog meegebring.

Die kroeg en die area vir baie belangrike gaste sal langs mekaar wees. Dít om die dansbaan meer ruimte te gee.

Volgens Scholtz gaan die kuiertent in 'n T-vorm opgeslaan word om stalletjies meer ruimte te bied.

Toegangsgeld sal makliker en vinniger betaal kan word, en al die kosstalletjies sal bymekaar wees.

Die gewilde damesontbyt en 'n ete saam met 'n Namibiese wynkenner gaan iets wees om nie mis te loop nie.

Vir die jongspan is daar weer springkastele en gesigverf, terwyl skyf­skiet met groter kaliber gewere die ouer garde sal besig hou.

'n Perdeskou word ook gereël om die rodeo-­vertoning te vervang en boeresport sal aangebied word.

Die area waar gaste tente kan huur om te oornag, bly dieselfde, maar weens klagtes oor voertuie tussen die slaapplekke is besluit om die parkeer­terrein te verskuif.

Stort- en toiletgeriewe bly dieselfde en nog grond sal beskikbaar gestel word waar gaste hul eie tente kan opslaan.

Tariewe vir die huur van stalletjies sal ­verander en daar sal ook 'n klein aanpassing in toegangs­gelde wees, maar die tentedorp sal dieselfde kos, sê Scholtz.

Die Outjo Wildsfees vind op 3 en 4 Mei 2019 plaas.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!