Wildehonde van N/a’an ku sê afgemaai
Werkers verbonde aan die Hosea Kutako Internasionale Lughawe het Dinsdag na bewering op ‘n trop van vyf wildehonde van N/a’an ku sê losgebrand: Twee van dié wildehonde is doodgeskiet, terwyl ‘n derde erg gewond is.
Volgens N/a’an ku sê het die wildehonde ‘n koedoe gejag en wou die werkers vermoedelik die prooi afvat.
Ses verdagtes is in hegtenis geneem en is in polisie-aanhouding.
Die wildehonde is op N/a’an ku sê grootgemaak. Wildehonde is ‘n bedreigde spesie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie