Wildehonde in kritieke gevaar

Kommer oor bedreigde spesie

07 September 2020 | Omgewing
Francoise Steynberg



Konflik tussen wildehonde en boere in oostelike kommunale gebiede vier hoogty, wat tot die uitwissing van dié kritiek bedreigde spesie kan lei.

Personeel van die Cheetah Conservation Fund (CCF) het onlangs ’n karkas van ’n wildehondjie in die gebied gevind wat dalk moedswillig doodgery is.

“Soos CCF aan die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme gerapporteer het, het die wildehondjie se trop ’n jong koei gevang en die wildehondjie is moontlik in weerwraak doodgery,” het dr. Laurie Marker, stigter en uitvoerende direkteur van CCF, gesê.

Sy sê die wildehondjie was lid van ’n trop van ses volgroeide en vyf of ses wildehondjies van drie maande oud. Personeel van CCF se karnivoorkonflik-veldstasie in die oostelike kommunale gebiede monitor die wildehondtroppe se bewegings om hul konflik met mense te help voorkom.

“Pogings om kritiek bedreigde Afrika-wildehonde op paaie dood te ry, is algemeen en kom dikwels in die Bwabwata Nasionale Park voor,” sê Marker.

Volgens haar het die erge droogte tot ’n styging in konflik tussen vee- en wildboere en beide jagluiperds en wildehonde gelei, veral in die oostelike kommunale gebiede.

“Jagluiperds en wildehonde is skaars en hierdie gebied is die tuiste van ’n paar oorblywende troppe wildehonde. Hierdie soort konflik gaan dié reeds kritiek bedreigde spesie heeltemal uitroei,” is die vrees wat Marker uitspreek.

KARNIVOORKONFLIK-VELDSTASIE

“Die samewerking van boere het verbeter nadat CCF ’n snelle reaksiespan ontplooi en ’n kommunikasienetwerk tussen boere ontwikkel het,” het me. Nadja le Roux, CCF se gemeenskapskoördineerder gesê.

“Ons deel inligting en die diere se bewegings met mekaar, wat as ’n vroeë waarskuwingstelsel dien sodat boere voorsorgmaatreëls kan tref om hul kalwers te beskerm.”

Le Roux en dr. Hanlie Winterbach is in beheer van CCF se karnivoorkonflik-veldstasie.

CCF werk al jare saam met die ministerie in die Omaheke- en Otjozondjupastreek om kommunale bewaringsgebiede te versterk, asook by omliggende plase by Otjinene en Okakarara.

Om mens-dier-konflik te voorkom, het CCF hul “Future Farmers of Africa”-opleidingskursusse vir die beste weiding-, vee- en wildbestuurtegnieke aangebied, wat roofdierbeheer insluit.

“CCF is hier om boere te help om probleme met karnivore te bestuur,” beklemtoon Marker.

In 2017 en 2018 is ’n studie met die steun van Nedbank se Go Green Fund gedoen, wat aangedui het dat daar min wildlewe in die kommunale gebiede is.

“Vir CCF beteken dit meer probleme met boere, want daar is te min wild soos klein wildsbokke vir wildehonde om te vang,” sê Marker.

Volgens haar is daar 660 troppe wildehonde oor in Afrika met minder as 300 volgroeide wildehonde in Namibië, waarvan die meeste buite beskermde gebiede woon.

Die woordvoerder van die ministerie, mnr. Romeo Muyunda, het ’n beroep op gemeenskappe gedoen om konflikvoorvalle met wildehonde aan die ministerie te rapporteer “om ’n oplossing te vind, eerder as om dié spesie op so ’n wrede manier dood te maak”.

CCF het beklemtoon die karnivoorkonflik-veldstasie in die oostelike kommunale gebiede sal steun aan boere oor konflikkwessies bied.

“CCF het toegang tot ’n netwerk van organisasies in die Groot Karnivoor-bestuursvereniging (LCMAN) om in verskillende streke die konflik met jagluiperds, wildehonde en ander karnivore te help voorkom.”

Marker doen ’n beroep op die publiek om die noodnommer 081 227 5139 te skakel wanneer probleme met karnivore ondervind word.

- [email protected]

Soortgelyk

 

22 gevangenes toets positief vir Covid-19

7 ure gelede | Gesondheid

Twee-en-twintig gevangenes van die Sentrale Gevangenis in Windhoek is deel van die 34 nuwe Covid-19-gevalle wat in die hoofstad aangeteken is. Volgens die minister...

Beweerde baba-ontvoerder gou vasgetrek

12 ure gelede | Misdaad

Kristien Kruger – ’n Beweerde baba-ontvoering het inwoners van Havana geskok net weke ná twee gruvoorvalle in dié informele nedersetting in die hoofstad.’n Twee maande...

Noorde brand wéér

22 ure gelede | Omgewing

‘n Groot veldbrand woed tans naby Tsumeb, met een persoon wat sê hy kon bykans nie verby die vuur kom om die dorp binne te...

345 leerlinge toets positief vir Covid-19

22 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - Tot op hede het 345 leerlinge in Namibië positief vir Covid-19 getoets. Die meeste is in die Oshikotostreek en wel 170 (49,3%)...

Viskwota-sirkus

22 ure gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer - Die regering se viskwotaveiling het klaaglik misluk.Van die beoogde N$628 miljoen wat die regering uit die kwotaverkope vir maasbanker, stokvis en monnikvis...

Jooste skors Nida-raad

22 ure gelede | Regering

Elvira HattinghDie huidige raad van direkteure vir die agentskap vir nywerheidsontwikkeling in Namibië (Nida), is gevra om hul kantore te ontruim en is die afgelope...

Weer vir 1 Oktober

22 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Zambezistreek met 'n paar buie, andersins sonnig en baie warm tot warm in die //Karasstreek.KUS: Gedeeltelik bewolk...

Lucia sterk goed aan

22 ure gelede | Gesondheid

Tanja Bause Vier maande nadat Lucia Soroses (8) met ernstige brandwonde na die sentrale hospitaal in Windhoek verplaas is, sterk sy goed aan.Mnr. George Olivier...

Meer as miljard vir MIV-stryd

22 ure gelede | Gesondheid

Henriette LamprechtDie bekamping van MIV/vigs in Namibië het ’n reuse-hupstoot van miljoene Namibiese dollar gekry met die Amerikaanse president se noodplan vir vigsverligting (Pepfar) wat...