Wilde perde: Hiënas word verskuif

25 January 2019 | Ministeries
Tanja Bause - Die ministerie van die omgewing en toerisme het besluit om die hiënas te verskuif, wat die wilde perde in die Namib die afgelope sewe jaar teister.

Volgens die woordvoerder van die ministerie, mnr. Romeo Muyunda, het hulle verlede jaar in Desember verskeie onsuksesvolle pogings aangewend om die hiënas te vang en te verskuif.

“Ons gaan nou in Januarie weer probeer. Intussen monitor ons die perde en veral die vullens om seker te maak die hiënas vang hulle nie terwyl ons aan ’n oplossing werk nie,” het hy gesê.

Volgens Muyunda het die hiënas geen perd of vul sedert 10 Desember verlede jaar gevang nie.

“Tien vullens is tussen November en Desember gebore en daar is tans 81 volwasse perde oor, wat 33 merries en 48 hingste insluit,” het hy gesê.

Volgens die Namibia Wild Horses Foundation is verskeie vullens vanjaar reeds gebore.

Ná ’n droogte van vyf jaar, en die hiënas se voortdurende jag op die perde het die wilde perde-bevolking drasties afgeneem. Sedert 2012 het geen vul oorleef nie, wat beteken die jongste perd is ses jaar oud.

In 2013 het die hiënas 100 perde gevang en doodgemaak, waarvan 50 vullens was.

Die bevolking het toe van 286 tot 81 perde gedaal.

Soortgelyk

 

NSFAF sluit ooreenkoms met Bank Windhoek

17 ure gelede | Onderwys

Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) en Bank Windhoek het vandag ʼn ooreenkoms aangegaan vir ʼn nuwe stelsel waardeur geld aan kwalifiserende studente gestuur...

Chinees Dinsdag in hof ná werker se skietdood

18 ure gelede | Misdaad

Die man wat gister na bewering deur sy Chinese werknemer in die Andara-nedersetting doodgeskiet is, is as mnr. Andreas Hausiku (32) geïdentifiseer.Hausiku was ‘n inwoner...

Twintig jaar tronkstraf vir verkragter

18 ure gelede | Howe

‘n 34-jarige man van Otjiwarongo is gister 20 jaar tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van ‘n minderjarige. Die dogter was...

Taking charge

1 dag gelede | Mense

Mariselle Stofberg Anthea van Heerden decided to take a leap of faith to start her own company in Windhoek.She is the managing director and...

Moontlike deurbraak

1 dag gelede | Misdaad

Denver KistingDie man wat gisteroggend weens Maandag se bloedbad op Arandis aangekeer is, het glo vir etlike ure geweier om met die polisie saam te...

Só staan sake in die Namibiese huis

1 dag gelede | Regering

Denver KistingPres. Hage Geingob het gistermiddag gesê sy boodskap van “welvaart vir almal” moenie verkeerd verstaan word nie.Volgens hom was die bedoeling nooit om oordaad...

Kabajani blossoms at GIPF

1 dag gelede | Mense

Michelline Nawatises Annette Likeleli Kabajani is a holder of a bachelor’s degree from the University of Namibia (Unam). She has also attained several management and...

Baking a name for herself!

1 dag gelede | Mense

Ester Kamati At the age of 28, Alma Tangi Nakanduungileh is climbing the entrepreneurial ladder and adding sweetness to her clients’ lives. A qualified...

A passion to unlock potential

1 dag gelede | Mense

Ester KamatiJustina Mulokoshi is a chartered accountant (CA) at PwC who has big dreams and is constantly on the lookout for new ways to improve...