Wilde Kind sing oor reën in Namibië
Yandi du Plessis
Wilde Kind se nuwe enkelsnit, “Liquid Sunshine”, word op 29 April op digitale stroomplatforms vrygestel. Dit is die tweede enkelsnit op hul vollengte album wat later vanjaar die lig sal sien.
“Liquid Sunshine” gaan oor die liefde vir reën in Namibië.
“Dit beskryf die gevoel wat elke Namibiër ken: Om na buite te hardloop, te dans en te juig as die eerste druppels die droë grond tref,” vertel die stigter en hart van die groep, die Namibies gebore sanger en kitaarspeler Danella Smith.
Met sy opgewekte ritme is dié lied pure geluk en het dit 'n vrolike Afrika-atmosfeer. Dit vier die lewe en die seën van reën.
Wilde Kind se lirieke en komposisies word sterk deur Danella se Namibiese erfenis beïnvloed. Die melodieë en klanke verpersoonlik 'n unieke Afrika-gees. In “Liquid Sunshine” word Danella begelei deur Terry Knight, Julian Bonitz, Maarten Benschop, Fito Rodriguez, Karl Petti en Andres Benavides.
Die “wilde kinders” sê hulle wil 'n “onafhanklike produk” skep – van die produksie tot die ontwerp van die omslag. Wilde Kind beskou hulself as 'n groep kunstenaars wat die kreatiwiteit van die lede van die groep se agt verskillende nasionaliteite kombineer.
Die groep bestaan uit lede van Namibië, Spanje, Engeland, Duitsland, Nederland, Estland, Frankryk en Ecuador. Die omslagkuns is deur die Namibiese kunstenaar Sigi Kolbe geskep en die video deur die Namibiese filmmaker Robert Scott.
Die meeste van Wilde Kind se liedjies kombineer elemente van alternatiewe folk, indie rock en melancholiese klanke.
Danella se lirieke is waaghalsig en betekenisvol; huidige sosiopolitieke kwessies vind 'n plek in haar komposisies, maar ook haar liefde vir die natuur en haar nostalgie vir haar vaderland. Sommige liedjies is in Engels geskryf en ander in Afrikaans.
Ten spyte van haar gelukkige lewe in haar nuwe tuiste, het Danella nie haar Afrika-wortels agterweë gelaat nie. In haar liedjies neem sy haar gehoor gereeld op 'n nostalgiese reis van die Namibiese natuur en kultuur.
Wilde Kind se eerste enkelsnit, “Lost the Sunscreen”, is op 25 Februarie bekend gestel.
Kyk hier na “Liquid Sunshine” se musiekvideo: https://youtu.be/PqWySHe9REY
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie