Wilde diere eis 16 mense

Vergoeding uit die ministerie se Wildprodukte-trustfonds aan slagoffers het vergroot.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Altesaam 16 mense het sedert 2017 hul lewens in diere-aanvalle verloor, 17 is beseer en 219 veeverliese is gely.

Volgens ’n mens-dier-konflikverslag van mnr. Richard Fryer, hoofbewaringsbeampte van wildondersteuningsdienste in die ministerie van die omgewing en toerisme, het leeus tussen 2017 en 2019 drie mense in die Kunenestreek en een in die Oshanastreek in aanvalle beseer.

Fryer sê leeus het geen menselewens geëis nie, maar wel vier mense beseer, onder wie drie mense in die Kunenestreek en een in die Oshanastreek. Dit is ook in die Kunenestreek in die omgewing van Sesfoontein waar vier leeus - drie wyfies en een mannetjie - die naweek vergiftig is.

GROOTSTE SONDAARS

Volgens die verslag is krokodille en seekoeie die grootste sondaars. Krokodille het in die twee en ’n half jaar sewe menselewens geëis, wat vier in die Kavangostreek, twee in die Zambezistreek en een in die Kunenestreek behels.

Vier mense is deur krokodille in die Kavangostreek beseer en een in die Zambezistreek.

Seekoeie het vyf lewensverliese veroorsaak, waarvan vier in die Zambezistreek en een in die Kavangostreek was.

Drie mense is deur seekoeie beseer – twee in die Kavangostreek en een in die Zambezistreek.

Olifante het in die twee en ’n half jaar drie mense gedood – een elk in die streke van Zambezi, Otjozondjupa en Erongo.

Luiperd-aanvalle het vyf mense beseer – drie beseerdes in die Omusatistreek en een elk in die Erongo- en Omahakestreek.

Een slangbyt het die lewe van ’n mens in die Ohangwenastreek geëis.

WILDPRODUKTE-TRUSTFONDS

Fryer sê die ministerie van die omgewing en toerisme vergoed slagoffers van mens-dier-konflik uit die Wildprodukte-trustfonds.

“Tussen 2008 en 2018 is sowat N$16,5 miljoen uit die Wildprodukte-trustfonds bestee aan vergoeding vir verliese weens mens-dier-konflik,” het hy gesê.

Vergoeding vir mens-dier-konflik sluit in lewensverliese, menslike beserings, vee- en gewasverliese en skade aan infrastruktuur.

“In 2008 is slegs N$70 000 aan mens-dier-konflik bestee, maar verlede jaar is byna N$2,4 miljoen uit die ministerie se sak betaal,” sê Fryer.

Hy meen vanjaar kan dit nóg meer wees, veral in die huidige droogte.

Vergoeding vir verliese het sedertdien vergroot.

Voorheen is aan die familie van ’n slagoffer wat deur ’n wilde dier gedood is slegs N$5 000 uitbetaal, maar nou is dit N$100 000.

Voorheen is nie vir menslike beserings uitbetaal nie, maar nou is daar verskillende kategorieë vir beserings en die maksimum vergoeding is N$50 000.

Vergoeding vir veeverliese het ook verhoog.

Tans is vergoeding vir die verlies van ’n bees (’n bul of ’n koei) N$3 000 (voorheen N$1 500), ’n bok N$500 (voorheen N$200), ’n skaap N$700 (voorheen N$250), ’n perd N$800 (voorheen N$500), ’n donkie N$500 (voorheen N$250) en ’n vark N$700 (voorheen N$250).

Gewasverliese was voorheen teen N$800 per hektaar vergoed, maar het nou na N$1 000 per hektaar verhoog.

“Die ministerie vergoed nie net verliese in kommunale bewaringsgebiede nie, maar ook op staatsgrond buite bewaringsgebiede. Dit is vir ons ’n morele verpligting,” het Fryer beklemtoon.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!