Wilde diere eis 16 lewens

17 beseer

05 August 2019 | Omgewing
Francoise Steynberg



Altesaam 16 mense het sedert 2017 hul lewens in diere-aanvalle verloor, 17 is beseer en 219 veeverliese is gely.

Volgens 'n mens-dier-konflik­verslag van mnr. Richard Fryer, hoofbewaringsbeampte van wildonder­steuningsdienste in die ministerie van die omgewing en toerisme, het leeus tussen 2017 en 2019 drie mense in die Kunenestreek en een in die ­Oshanastreek in aanvalle beseer.

Fryer sê leeus het geen mense­lewens geëis nie, maar wel vier mense beseer, onder wie drie mense in die Kunenestreek en een in die Oshanastreek. Dit is ook in die Kunenestreek in die omgewing van Sesfontein waar vier leeus - drie wyfies en een mannetjie - verlede naweek vergiftig is.

Volgens die verslag is krokodille en seekoeie die grootste sondaars.

Krokodille het in die twee en 'n half jaar sewe menselewens geëis, wat vier in die Kavangostreek, twee in die Zambezistreek en een in die ­Kunenestreek behels.

Vier mense is deur krokodille in die Kavangostreek beseer en een in die Zambezistreek.

Seekoeie het vyf lewensverliese ­veroorsaak, waarvan vier in die Zambezistreek en een in die Kavango­streek was. Drie mense is deur seekoeie beseer – twee in die Kavangostreek en een in die Zambezistreek.

Olifante het in die twee en 'n half jaar drie mense gedood – een elk in die streke van Zambezi, ­Otjozondjupa en Erongo.

Luiperdaanvalle het vyf mense beseer – drie beseerdes in die Omusatistreek en een elk in die Erongo- en Omahekestreek.

Een slangbyt het die lewe van 'n mens in die Ohangwenastreek geëis.



WILDPRODUKTE-TRUSTFONDS

Fryer sê die ministerie van die omgewing en toerisme vergoed slagoffers van mens-dier-konflik uit die Wildprodukte-trustfonds.

“Tussen 2008 en 2018 is sowat N$16,5 miljoen uit die Wildprodukte-­trustfonds bestee aan vergoeding vir verliese weens mens-dier-konflik,” het hy gesê.

Vergoeding vir mens-dier-konflik sluit in lewensverliese, menslike ­beserings, vee- en gewasverliese en skade aan infrastruktuur.

“In 2008 is slegs N$70 000 aan mens-dier-konflik bestee, maar verlede jaar is byna N$2,4 miljoen uit die ministerie se sak betaal,” sê Fryer.

Hy meen vanjaar kan dit nóg meer wees, veral in die huidige droogte.

Vergoeding vir verliese het sedertdien vergroot.

Voorheen is aan die familie van 'n slagoffer wat deur 'n wilde dier gedood is slegs N$5 000 uitbetaal, maar nou is dit N$100 000.

Voorheen is nie vir menslike beserings uitbetaal nie, maar nou is daar verskillende kategorieë vir ­beserings en die maksimum vergoeding is N$50 000.

Vergoeding vir veeverliese het ook verhoog.

Tans is vergoeding vir die verlies van 'n bees ('n bul of 'n koei) N$3 000 (voorheen N$1 500), 'n bok N$500 (voorheen N$200), 'n skaap N$700 (voorheen N$250), 'n perd N$800 (voorheen N$500), 'n donkie N$500 (voorheen N$250) en 'n vark N$700 (voorheen N$250).

Gewasverliese was voorheen teen N$800 per hektaar vergoed, maar het nou na N$1 000 per hektaar verhoog.

“Die ministerie vergoed nie net ­verliese in kommunale bewaringsgebiede nie, maar ook op staatsgrond buite bewaringsgebiede. Dit is vir ons 'n morele verpligting,” het Fryer beklemtoon.[email protected]

Soortgelyk

 

Chasing your dream

9 ure gelede | Mense

Ester Kamati Aina Johannes completed her matric at Windhoek High School in 2015 and is currently pursuing her studies in marketing management at the International...

Kinderverkragter: ‘Ek is skuldig’

9 ure gelede | Howe

Francoise Steynberg - Die 50-jarige Jeremia van Wyk het gister skuldig gepleit op die verkragting en ontvoering van ’n vyfjarige meisie. Pas nadat Van Wyk gisteroggend van...

/Khomani wil verskeie Khomas-plase onteien

9 ure gelede | Politiek

Catherine Sasman - Die /Khomani-gemeenskap eis nie net die onteiening van plekke soos Dordabis, Aub en Omitara omdat dit aan hul voorvaders behoort het nie,...

Windhoekers kniediep in die skuld

9 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die Windhoekse stadsraad (CoW) het gister by monde van sy woordvoerder, mnr. Harold Akwenye, bevestig hul debiteure skuld hulle bykans N$900 miljoen...

Weer vir 6 Augustus 2019

9 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Noordooste. Elders sal dit sonnig en baie warm wees, maar matig tot warm in die Suide. Dit...

Maltas Club reaches out

9 ure gelede | Onderwys

Ester KamatiIn conjunction with First National Bank (FNB) Namibia, the University Centre for Studies in Namibia (Tucsin) and Dinapama Manufacturing and Supplies, the Maltas Club...

Making science easier

9 ure gelede | Onderwys

Justicia Shipena B2Gold Namibia, in collaboration with the education ministry, officially launched the flagship Little Shop of Physics (LSOP) teacher programme on 2 August...

Embracing differences

9 ure gelede |

Justicia Shipena As a way of bringing together and uniting the different cultural groups within the International University of Management (IUM) community,...

Peer-to-peer conversations

9 ure gelede | Skole

Ndakondja Uusiku Motivations will host the first-ever Purposeful Camp for teenagers aged between 15 and 19 from 28 November to 4 December 2019 at the...