Wild vrek op strepe

Namibiese landbou bevind hom in sy donkerste uur weens droogteverliese.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer



'n Boer van 'n wildsplaas noord­oos van Otjiwarongo het reeds tussen 500 en 600 stuks wild weens die droogteramp verloor, ondanks die voer van sowat N$500 000 waarmee hy hulle aan die lewe probeer hou het.

Sy plaas het nog net 56 mm reën vir die seisoen gehad. Die gemiddelde reënval vir dié gebied is 450 mm. Dit beteken hy het maar 12,4% van die reën gekry wat normaalweg val.

“Ek boer al sedert 1993 en ons het die afgelope 26 jaar nie naastenby iets só erg beleef nie. In hierdie stadium dink ons nog nie eens aan die finansiële skade, wat meer as 'n N$1 miljoen beloop nie. Dit is uitgesluit die voer wat ons gekoop het. Wat ons nou die ergste raak, is die emosionele skade van hierdie verliese,” vertel hy en sê hy wil anoniem bly om nie die idee te wek dat hy simpatie soek nie.

Volgens hom is besprekings deur toeriste ook met sowat 30% af, wat beteken wildboere kan nie eers hierop as bron van inkomste staatmaak nie.

“'n Boer wat nou geen diere het nie is in die beste posisie. Dit is baie moeilik om diere te voer én jou somme te laat klop,” sê hy.

Sy vrou het 'n video aan Republikein gestuur waarin die wildskarkasse oor die plaas gestrooi lê.

“Hierdie is net karkasse wat ons langs die plaaspaaie opgemerk en opgelaai het. Dit is nie die diere wat in die veld gevrek het nie.”

Sy sê 'n eland, wat hulle hans grootgemaak het en wat later saam met 'n trop wilde elande geloop het, het in sy uur van nood teruggekeer huis toe.

“Ongelukkig het hy dit ook nie gemaak nie. Dit was verskriklik om die trane te sien wat teen die einde oor sy wange geloop het,” vertel sy.

Die voormalige kaptein van die Namibiese rugbyspan, Jacques Burger, sê hy is baie dankbaar vir die reën wat verlede naweek op plekke geval het.

“Baie mense is onder die indruk daar is groot verligting in die land as die reën val, maar ek wil vir julle net 'n bietjie perspektief gee van hoe dit in die Suide lyk,” sê hy in 'n videoboodskap aan Republikein en draai die foon se videokamera dan om die barre, rooi Kalahari-land­skap te wys.

Burger sê dit is moeilik om uit te gaan in die veld en jou diere dood te vind, en te sien hoe die aas­voëls in die lug bo die dooie karkasse sirkel.

Mnr. Basjan Jacobs, 'n boer van Gobabis, sê asof dit nie erg genoeg is dat die droogte boere se kontantvloei onder druk plaas nie, belemmer swak BTW-terugbetalings vanweë administratiewe oponthoude by die Ontvanger van Inkomste ook hul finansiële beplanning.

“Daar kom niks van ons pleidooie hieroor nie. Dit is 'n groot frustrasie,” sê Jacobs.

Mnr. Roelie Venter, uitvoerende bestuurder by die Namibië Landbou-unie (NLU), het vroeër gesê die afgekondigde droogtehulp van sowat N$573 miljoen deur die regering word verwelkom.

Hy het bygevoeg voor die regering nie 'n noodtoestand afkondig nie, kan die buiteland nie om hulp genader word nie.

Dié unie se president, mnr. Ryno van der Merwe, sê hierdie droogte is die ergste sedert die 1800's.

Die NLU het intussen gister bekend gemaak dat 76 000 sakke veevoer van goedgekeurde ver­skaffers teen N$50 per sak gesubsidieer gaan word. Dit geskied met die N$4,1 miljoen wat die afgelope ses weke deur die Dare to Care-rampfonds ingesamel is.

Dit sal landswyd aan alle boere by takke van Agra en Kaap Agri beskikbaar wees, asook by Animal Fedco in Windhoek, Leonardville Garage op Leonardville, Otjozondjupa Feed op Okakarara, Helmering Winkel op Helmeringhausen, HJ Moller Transport & Voere op Koës, Toitjies Boerediens op Leonardville en DA Viljoen Transport op Koës.

Boere moet hul FanMeat-kaarte en hul ID-dokumente toon om die voer teen die goedkoper prys te koop. Verder kan hulle dit net in lotte van 10 sakke koop teen 'n maksimum van 100 sakke per produsent.

Intussen het die onafhanklike droogtefonds van die Facebook-groep Namibië Boere al met die N$1,181 miljoen wat ingesamel is, 312 boere gehelp deur 12 480 bale voer en 831 sakke voerkorrels te versprei. Dié fonds is onafhanklik van die NLU en word deur me. Henriëtte le Grange gekoördineer.

Kommentaar

Republikein 2024-04-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.47 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.16 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.87 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.16 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 313.37/OZ DOWN -0.0043 | Copper US$ 4.44/lb UP +0.66% | Zinc US$ 2 819.60/T UP 0.63% | Brent Crude Oil US$ 87.86/BBP DOWN -0.0054 | Platinum US$ 909.89/OZ UP +0.00% Sport results: Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Weather: Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.47 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.16 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.87 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.16 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 313.37/OZ DOWN -0.0043 | Copper US$ 4.44/lb UP +0.66% | Zinc US$ 2 819.60/T UP 0.63% | Brent Crude Oil US$ 87.86/BBP DOWN -0.0054 | Platinum US$ 909.89/OZ UP +0.00%