• Tuisblad
  • Sake
  • Wiese verklap Jooste se groot plan met PSG, Capitec
Wiese verklap Jooste se groot plan met PSG, Capitec
Wiese verklap Jooste se groot plan met PSG, Capitec

Wiese verklap Jooste se groot plan met PSG, Capitec

Die sakemagnaat het vertel hy was die derde grootste aandeelhouer van die groep.
Nellie Brand-Jonker – Die bekendstelling van die ongemagtigde biografie van Christo Wiese, Risiko & Rykdom, het Woensdagaand in Kaapstad onverwags selfs interessanter geraak toe Wiese self opgedaag het.

Wiese het op uitnodiging van die skrywer TJ Strydom – en tot talle se verbasing – die geleentheid by die boekwinkel Book Lounge bygewoon.

Hy was langer aan die woord as die skrywer toe hy op uitnodiging van die onderhoudvoerder, James-Brent Styan, skrywer van Steinhoff en die Stellenbosse Boys, ’n paar keer vir kommentaar op vrae gevra is.

Hy het in ’n stadium Markus Jooste, die voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff wat onlangs in die parlement deur die maatskappy as die beweerde baasbrein agter die ongerymdhede met Steinhoff se boeke uitgewys is, ’n “enigma” genoem.

Die eerste verwysing na Jooste het gevolg toe Wiese gespot het oor die wense wat hy oor het in sy lewe. Hy het gesê hy het net twee wense oor in sy lewe, maar het homself onderbreek en onder ’n gelag en applous van die gehoor gesê: “Wel, dit het nou drie geword. Die derde een is om mnr. Jooste te kry waar hy hoort.”

Styan het Wiese onder meer uitgevra oor die geleentheid wat hy in sy sakelewe misgeloop het, soos met Capitec, omdat hy sy aandele in PSG verkoop het.

“Een van Jooste se groot planne met Steinhoff was dat Steinhoff die beherende aandeelhouer van PSG sou word, wat op sy beurt weer die grootste aandeelhouer in Capitec was. Dit is ’n interessante klein aspek wat die joernaliste nog nie opgetel het nie. Hier is een van die enigmas van mnr. Jooste,” het Wiese gesê.

Naas die familie van Jannie Mouton, ’n stigter en grootste aandeelhouer in PSG, was Jooste in 2012 die tweede grootste aandeelhouer.

Nalatenskap

Wiese se welbekende dogter Clare Wiese-Wentzel en haar man, Marco Wentzel, het ook die boekbekendstelling bygewoon.

Wiese is deur iemand in die gehoor gevra oor wat hy dink sy nalatenskap gaan wees.

“As jy van Upington af kom, is sulke dinge nie belangrik nie. Die enigste dinge waaroor ek besorg is, is hoe my kinders en kleinkinders my gaan onthou.

“Vir die res – wat my subtiel en nie so subtiel beskuldig nie – het ek dit dikwels al gesê: As ek jou geld skuld, dagvaar my; as ek gesteel het, arresteer my. Andersins bly stil, maar moenie met jul insinuasies kom nie.”

“Hy het 20 miljoen aandele besit. Onthou net, daardie 20 miljoen aandele is in vandag se terme R7 miljard werd. In daardie stadium, in 2012, was dit R1,2 miljard werd.”

Dit is gegrond op die waardasie wat PSG vir sy batewaarde of som van die dele gee.

Wiese het vertel hyself was die derde grootste aandeelhouer van die groep, met sowat 15,5 miljoen aandele wat toe sowat R800 miljoen werd was en vandag sowat R4,5 miljard.

“Toe kom Jooste na my en sê: ‘Ek wil hê Steinhoff moet die grootste aandeelhouer in PSG word.’ Hy het ’n aantal redes gehad. Een daarvan was oor belasting, (maar) ek wil nie in te veel detail daarop ingaan nie,” het hy onder ’n gegiggel uit die gehoor gesê.

“Maar, dit was ’n baie sinvolle ding om te doen. Hy het gesê hy gaan sy aandele in Steinhoff insit in ruil vir Steinhoff-aandele, sal ek dit oorweeg om dieselfde te doen? Ons het dit bespreek en gedink, ja, dis ’n goeie skuif, en ons het dit gedoen.”

Wiese het voortgegaan: “Nou, soos ons nou weet, het die bedrog in daardie stadium al vir jare aangegaan en steeds het hy besluit om sy R7 miljard in te sit in wat hy toe moes geweet het ’n pot van niks is nie.”

Dit is reeds bekend dat talle ander bekendes wat ook vriende was met Jooste, hul PSG-aandele in Steinhoff geruil het.

Styan het naby aan die einde van die onderhoud die olifant in die vertrek gepak en aan Strydom gevra: “Dit is moeilik om dit te vra met dr. Wiese hier, maar was hy deel hiervan, kon hy geweet het dat hierdie massiewe ding gebeur het, want hy was immers die voorsitter en was swaar belê? Wat is jou siening oor die mense wat sê hy moes geweet het, want dit kan nie net Markus en een of twee mense wees nie?”

Strydom het, nadat hy effens in sy stoel rondgeskuif het, gesê: “Van alles wat ek gelees en gesien het van dr. Wiese, sal dit nie sin maak vir my nie. Dit is soos om sewe punte nodig te hê en dan pale toe te skop vir drie punte en dan blaas die eindfluitjie.”

Wiese was dankbaar oor die vraag. Dis duidelik dat hy nie begryp hoekom mense twyfel het in sy onskuld nie.

Hy was 18 maande lank Steinhoff se voorsitter – vanaf Mei 2016 totdat die bom by Steinhoff in Desember 2017 gebars het.

“Ek het vier direksievergaderings as voorsitter bygewoon.”

PwC se forensiese ondersoek het 18 maande met 7 vennote en 100 personeel geneem het om te bepaal wat presies Jooste gedoen het, het Wiese gesê.

“En jy verwag van ’n nie-uitvoerende direkteur, wat vyf keer per jaar na ’n direksievergadering kom en dokumente kry wat so hoog is,” en hy beduie hoe hoog die stapel is, “om af te teken, waardeur al die komitees van die direksie en die ouditeure al gegaan het, dat daai persoon sal sê: ‘Woeps, iets hier is nie reg nie…’

“Dit is die een ding wat ek deur die nagmerrie nooit sou verwag het nie, is dat mense onintelligent genoeg is om dit nie te kan uitwerk nie. Hier is ’n man wat nie sy geld gesteel het nie, wat vir sy geld gewerk het vir 55 jaar, en dat hy dan ’n massiewe bedrog sien en sy lewe se werk daarin sit.”

Styan het gevra: “Maar hoe beskerm ’n mens dan beleggers, want daar was bloubloed op die direksie – drie direkteure met doktersgrade in boekhoukunde?”

Wiese: “Dit is wat ons almal vra. Waar is die veiligheidsmaatreëls? Hoe kan ’n (Bernie) Madoff in die finansiële hoofstad van die wêreld in Wall Street wegkom met bedrog? Daar is nie ’n antwoord nie.”

Die skelmpie sou ’n teken wees

’n Jong swart entrepreneur wat in kleinhandel betrokke is wou in vraetyd weet wat sy filosofie is om mense as ’n vennoot-bestuurder te identifiseer, want met Whitey Basson, voormalige uitvoerende hoof van Shoprite, het Wiese dit reggekry, maar nie met Jooste nie.

“Dit is meestal geluk en dan ook vertroudheid. Ek en Whitey was op universiteit saam, ons is vriende vir 55 jaar.

“Maar ek sê ook vir mense daar is sekere tekens, en ek het dit al gesê, as ek geweet het, soos beweer word, dat Jooste ’n skelmpie gehad het, sou ek baie versigtig gewees het, want as ’n man elke dag kan lieg vir sy vrou, hoekom sal hy nie ook vir my lieg nie?”

’n Ouerige vrou in die gehoor wou weet hoe iemand wat so slim soos Wiese is so “liggelowig” oor Jooste was.

Wiese het gesê Jooste het duisende mense mislei, waarvan sommige baie slimmer as hy is.
– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest | Wolves 0 vs 2 Arsenal | Luton Town 1 vs 5 Brentford | Sheffield United 1 vs 4 Burnley LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad | Girona 4 vs 1 Cadiz | Valencia 1 vs 2 Real Betis | Rayo Vallecano 2 vs 1 Osasuna | Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce | Hellas Verona 1 vs 0 Udinese | Empoli 1 vs 0 Napoli European Championships Qualifying: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United | Manchester City 1 vs 0 Chelsea English Championship: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 15° | 36° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 18° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:08, High tide: 03:09, Low Tide: 21:13, High tide: 15:31 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:07, Low Tide: 21:11, High tide: 15:29 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:06, Low Tide: 21:11, High tide: 15:28 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 15° | 27° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 16° | 29° Maputo: 20° | 29° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 19° | 29° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 17° | 30° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.73 | EUR to NAD 20.43 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.11 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.7 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1230 | USD to ZAR 19.11 | USD to ZMW 25.85 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73551.13 Up +0.26% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1526.82 Down -0.34% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13302.28 Down -1.12% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28144.22 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 330.38/OZ DOWN -0.0015 | Copper US$ 4.41/lb DOWN -0.0112 | Zinc US$ 2 802.60/T UP 0.02% | Brent Crude Oil US$ 88.01/BBP UP +0.96% | Platinum US$ 912.02/OZ DOWN -0.0097 Sport results: Premier League: Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest | Wolves 0 vs 2 Arsenal | Luton Town 1 vs 5 Brentford | Sheffield United 1 vs 4 Burnley LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad | Girona 4 vs 1 Cadiz | Valencia 1 vs 2 Real Betis | Rayo Vallecano 2 vs 1 Osasuna | Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce | Hellas Verona 1 vs 0 Udinese | Empoli 1 vs 0 Napoli European Championships Qualifying: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United | Manchester City 1 vs 0 Chelsea English Championship: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Weather: Katima Mulilo: 15° | 36° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 18° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:08, High tide: 03:09, Low Tide: 21:13, High tide: 15:31 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:07, Low Tide: 21:11, High tide: 15:29 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:06, Low Tide: 21:11, High tide: 15:28 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 15° | 27° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 16° | 29° Maputo: 20° | 29° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 19° | 29° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 17° | 30° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.73 | EUR to NAD 20.43 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.11 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.7 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1230 | USD to ZAR 19.11 | USD to ZMW 25.85 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73551.13 Up +0.26% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1526.82 Down -0.34% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13302.28 Down -1.12% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28144.22 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 330.38/OZ DOWN -0.0015 | Copper US$ 4.41/lb DOWN -0.0112 | Zinc US$ 2 802.60/T UP 0.02% | Brent Crude Oil US$ 88.01/BBP UP +0.96% | Platinum US$ 912.02/OZ DOWN -0.0097