Wie’s die ingenieurs wat Eskom kom ‘regruk’?

14 February 2019 | Energie
William Horne en Elvira Wood – Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, het Dinsdag in die parlement aangekondig dat Italië se grootste kragvoorsiener, Enel, genader is om Eskom se beurtkrag-krisis te help regruk.

Gordhan en Jabu Mabuza, voorsitter van Eskom, het Enel gekontak om tegniese hulp te verleen om die probleme by Eskom op te los.

Die minister sê in ’n e-pos dat Enel binnekort ingenieurs na Suid-Afrika sal stuur om die omvang van die

probleem vas te stel deur ’n omvattende bedryfsoudit van alle kragstasies te voltooi. Dit sal volgens Gordhan verseker dat elke moontlike tegniese probleem volledig verstaan word sodat oplossings doeltreffend gevind kan word.

Enel is wel reeds bedrywig in Suid-Afrika as Enel Green Power RSA (Enel GP), met onder meer 520 megawatt (MW) se installasies wat landwyd son- en windkrag opwek. Dié groenkragaanlegte is reeds in bedryf.

Luidens ’n verklaring wat Dinsdag uitgereik is, het Enel GP ook pas met die konstruksie van die nuwe Nxuba 140 MW-windplaas in Amathole in die Oos-Kaap begin.

Die windkragsentrale kos R3,1 miljard om te bou en sal teen September 2020 begin krag opwek as deel van Eskom se toekenning van sy 2015-verkrygingsgprogram van hernieubare energie van onafhanklike kragprodusente (REIPPPP). Die Italiaanse maatskappy het ’n kontrak van 20 jaar met Eskom vir dié aanleg.

Enel is internasionaal in 35 lande bedrywig, en het ’n deurlopende fokus op groenkrag, met 43 gigawatt (GW) se windplase, hidro-elektriese, geotermiese, son- en biomassa-kragsentrales wêreldwyd. Net minder as 50% van die kragreus se totale opwekkingsvermoë van 89 GW kom van hernieubare bronne.

Die Italiaanse nutsmaatskappy is oorspronklik in 1962 as ’n staatsonderneming begin, maar is toe in 1999 geprivatiseer en bestuur nou ’n inkomste van ongeveer R1 100 miljard per jaar.

Die kredietgraderingsagentskap Fitch het pas Enel se langtermynkredietwaardigheid ook opwaarts hersien tot A-. Dit is vier vlakke bo beleggingsgraad by Fitch.

“Die graderingsagentskap het erkenning gegee aan Enel se sterk prestasiegeskiedenis ondanks die groep se uitdagende bedryfs- en finansiële doelwitte in die tydperk tussen 2015 en 2018,” luidens Enel se verklaring.

“Enel se posisie aan die voorpunt van innovasie sowel as volhoubaarheid is merkwaardig.”

Enel is ook by die twee ander groot kredietgradeerders ver bo beleggingsgraad gegradeer. By Moody’s Investors Service staan Enel twee posisies bo rommelstatus, en by Standard & Poor’s Global Ratings (S&P) is hy drie posisies bo rommelstatus.

Eskom, wat tans R420 miljard se skuld het, staan by S&P, Moody’s en Fitch onderskeidelik sewe, vyf en drie posisies onder beleggingsgraad.

Eskom het vandeesweek beurtkrag ingestel om te keer dat die hele netwerk weens onbeplande instandhouding ineenstort.

Eenhede by Arnot, Kriel, Duvha, Matla en Grootvlei was saam met dié by Medupi en Kusile nie Dinsdag in

bedryf nie.

Eskom het net 27 305 MW krag beskikbaar gehad van die 30 033 MW wat hy in piektye nodig het, het

Gordhan Dinsdag gesê.

Woensdag het Eskom weer fase 3-beurtkrag van 08:00 tot 23:00 ingestel.

Wanneer fase 3-beurtkrag ingestel word, beteken dit Eskom moet 3 000 MW se elektrisiteit van die netwerk haal. – Netwerk24

Soortgelyk

 

NSFAF sluit ooreenkoms met Bank Windhoek

56 minute gelede | Onderwys

Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) en Bank Windhoek het vandag ʼn ooreenkoms aangegaan vir ʼn nuwe stelsel waardeur geld aan kwalifiserende studente gestuur...

Chinees Dinsdag in hof ná werker se skietdood

1 uur gelede | Misdaad

Die man wat gister na bewering deur sy Chinese werknemer in die Andara-nedersetting doodgeskiet is, is as mnr. Andreas Hausiku (32) geïdentifiseer.Hausiku was ‘n inwoner...

Twintig jaar tronkstraf vir verkragter

1 uur gelede | Howe

‘n 34-jarige man van Otjiwarongo is gister 20 jaar tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van ‘n minderjarige. Die dogter was...

Taking charge

13 ure gelede | Mense

Mariselle Stofberg Anthea van Heerden decided to take a leap of faith to start her own company in Windhoek.She is the managing director and...

Moontlike deurbraak

13 ure gelede | Misdaad

Denver KistingDie man wat gisteroggend weens Maandag se bloedbad op Arandis aangekeer is, het glo vir etlike ure geweier om met die polisie saam te...

Só staan sake in die Namibiese huis

13 ure gelede | Regering

Denver KistingPres. Hage Geingob het gistermiddag gesê sy boodskap van “welvaart vir almal” moenie verkeerd verstaan word nie.Volgens hom was die bedoeling nooit om oordaad...

Kabajani blossoms at GIPF

13 ure gelede | Mense

Michelline Nawatises Annette Likeleli Kabajani is a holder of a bachelor’s degree from the University of Namibia (Unam). She has also attained several management and...

Baking a name for herself!

13 ure gelede | Mense

Ester Kamati At the age of 28, Alma Tangi Nakanduungileh is climbing the entrepreneurial ladder and adding sweetness to her clients’ lives. A qualified...

A passion to unlock potential

13 ure gelede | Mense

Ester KamatiJustina Mulokoshi is a chartered accountant (CA) at PwC who has big dreams and is constantly on the lookout for new ways to improve...