Wie wen - ratel of leeumannetjie?

‘n Windhoekse sakeman het ‘n tweestryd tussen ‘n ratel en ‘n leeumannetjie op video vasgevang – met ‘n verrassende einde.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Ratels is skynbaar só taai dat hulle nie eers vir die koning van die bosveld skrik nie.

‘n Video van ‘n ratel in die Etosha Nasionale Park wat astrant raak as ‘n leeumannetjie hom wil vang, met die leeu wat eindelik die aftog blaas, is wyd en syd op Facebook gedeel.

Die Windhoekse sakeman, mnr. Heiko Denker, het dié video voorverlede week op Facebook gelaai. Hy sê hy en sy vrou het dié video in die begin van Junie tydens ‘n besoek aan die nasionale park geneem.

“Ons was aanvanklik die eerste en enigste motor daar en het eers die ratel raakgesien voor ons die leeumannetjie gesien het. Die ratel het hom ook nie gesien nie,” het Denker aan Republikein gesê.

Op die video kan gesien word hoe die mannetjie die niksvermoedende ratel bekruip en hom verras toe hy aan hom stamp. Die ratel is egter dadelik gereed met tande en dreigemente en weer die leeu af, wat skynbaar onseker is wat om met dié kwaai gedierte te doen.

Teen die einde van die video kom die ratel weg.

“Dit gebeur baie dat leeus ratels probeer vang – hulle is jagters, maar hierdie leeu was ook dik geëet. Hy het moontlik so onlangs soos die vorige dag ‘n vangs gehad,” het Denker gesê.

Denker publiseer gereeld video’s oor wildlewe en veral leeus op sy twee Facebook-blaaie, genaamd Life Video by Heiko Denker, asook About Lions, About Wild-Life by Heiko Denker.

Hy werk nou saam met dr. Flip Stander, wat bekend is vir sy navorsing op Namibië se woestynaangepaste leeus. Dienooreenkomstig publiseer hy ook baie van Stander se video’s en foto’s met die doel om sy werk te bevorder.

Onlangs het hy nóg ‘n spesiale video gepubliseer van leeumannetjies wat aan ‘n kameelperdkarkas by die Tsumcor-watergat in Etosha eet, toe ‘n olifant verbykom en hulle verjaag.

Denker sê hy is lief vir die natuur en is gedurig iewers in die bos buite Windhoek.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!