Wie is ons woestynroos?
Wie is ons woestynroos?
13 July 2018 | Kuns en vermaak
Wie is Selma Kamanya?
Ek is ‘n 21-jarige ekonomiestudent aan die Namibië Universiteit vir Wetenskap en Tegnologie (Nust) en het in Windhoek in ‘n baie hegte familieomgewing grootgeword.
Het jy nog altyd in skoonheidskompetisies belang gestel?
Ek het dit nog altyd op TV dopgehou, maar nooit gedink ek sal eendag aan een deelneem nie.
Wat beteken dit vir jou om Mej. Namibië 2018 te wees?
Dit is ‘n geweldige eer. Ek besef ook dit kom met groot verantwoordelikhede, omdat ek nou my land moet dien.
Wat het jy gevoel op daai oomblik wat jy gekroon is?
Dit was onwerklik. EK het dit glad nie verwag nie. Ek was uit die veld geslaan.
Wat is jou grootste doelwit as Mej. Namibië?
Ek wil ’n groot impak op mense se lewens maak en bydra tot mense se welstand.
Wat is jou planne vir dié jaar?
Ek wil my graad voltooi en my nuwe platform gebruik om die beste weergawe van myself te word.
Wat maak iemand mooi?
‘n Pragtige siel.
Is daar iets wat jy haat?
Ek verpes middelmatigheid.
Wie is Selma sonder die grimering en aandrokke?
Iemand wat baie gemaklik in tekkies en ‘n sweetpak is.
Wat is jou stokperdjies?
Ek is mal oor oefen, mediteer en lees.
Wat is die eerste ding wat jy in die oggend doen?
Bid en oefen.
Waarheen sou jy graag wou reis?
Tokyo, Japan. Hul kultuur is ongelooflik fassinerend en hulle het ’n gesindheid waarby ek baie kan leer.
Wat is vir jou spesiaal aan Namibië?
Die mense. Namibië het so baie verskillende stamme en kulture wat vir groot verskeidenheid en skoonheid sorg.
Het jy ‘n boodskap vir die Namibiese publiek?
Baie dankie vir al die ondersteuning en ek gaan my bes doen om almal van julle te dien.
Wat is volgende vir jou?
Ek sien baie daarna uit om Namibië in Desember by die Mej. Heelal-kompetisie te verteenwoordig en om graad te vang.

Soortgelyk
Honderde miljoene vir veevoer nodig
23 ure gelede | Landbou
Min of geen handboeke vir nuwe leerplan
23 ure gelede | Onderwys
Regional council must account for vandalised buildings
23 ure gelede | Infrastruktuur
Swapo beslis dorpsraadslede se lot
23 ure gelede | Politiek
Groeiende stad druk rioolstelsel
23 ure gelede | Infrastruktuur
Weer vir 19 Februarie 2019
23 ure gelede | Weer
Gammams staan steeds stil
23 ure gelede | Regering
‘Vroue is sterk’
23 ure gelede | Maatskaplik
Namcor wil vry van sekere wette wees
23 ure gelede | Energie
Kleinadvertensies