Wie gaan Tigers se verlies opraap?
Klubsokker
Andrew Poolman - Brian Isaacs moet sekerlik nou die land se mees gesogte sokkerafrigter wees vandat dit bekend geword het dat sy paaie met Tigers geskei het.
Isaacs het gister aan die koerant gesê hy was onverhoeds betrap deur die vreemde wyse waarop hy verneem het dat die verdedigende kampioenklub van die Namibië Premierliga (NPL) besluit het om nie sy kontrak te hernu nie, nadat dit in Augustus verval het.
“Hulle het gesê my rol in beheer van die nasionale vrouespan, die Brave Gladiators, is die rede dat hulle besluit het om my van my kontrak vry te stel. Maar ek glo nie dis die ware rede nie; daar moet meer agter steek.
“As voorbeeld is Ronny Kanalelo ook by die Brave Warriors betrokke, maar dit verhinder nie dat hy as hoofafrigter van Unam voortgaan nie. Die afrigting van die Brave Gladiators is redelik sporadies en sou volgens my nie met die klubverpligtinge inmeng nie.”
Isaacs se aansien loop hom vooruit as die afrigter wat eers vir Black Africa tot vier opeenvolgende NPL-titels gelei het, voordat hy die volgende seisoen vir Tigers gehelp het om hulle jarelange trofee-droogte te verbreek. Isaacs is 'n gesoute breier wat tevore ook sy beurt aan die stuur van die Brave Warriors gehad het.
“Ek is nie suur nie en ek voer nie gevegte in die koerante nie; ek het vrede in my hart. Ek weet ek het by Tigers gedoen wat ek moes doen. Ek is dankbaar vir die ondersteuning wat ek by die klub se ondersteuners gekry het.”
Luidens berigte dié week het Tigers intussen op Lucky Kakuva (tevore afrigter van Orlando Pirates) as die nuwe man in die saal besluit.
Isaacs het aan die koerant erken dat sy selfoonnommer al 'n paar maal in die laaste dae deur belangstellende klubs gedruk is en dat gesprekke reeds gevoer word. Juis gisteraand sou hy met 'n belangstellende klub gaan vergader.
Geen sokkeronderondersteuner verwag dus dat Isaacs vir lank sonder 'n aanstelling sal bly nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie