WHS tree vir langpad aan
Vanjaar ry ons vir die blou skool.
Tielman van Lill
Windhoek Hoërskool maak vanjaar geskiedenis wanneer sy vier spanne vanmiddag om drieuur vir die 2018 Desert Dash in Windhoek wegspring.
WHS het ‘n vroue-viermanspan met Marlene Jacobs, Peti Alberts, Marlise Jacobs, Marien Hatting (almal onderwyseresse by WHS) en ‘n mans-viermanspan met Wilmar Willemse, Zelan Burger, Jak Prinsloo en Janco du Plooy (leerlinge) in die saal.
‘n Gemengde en mans-tweemanspan wat onderskeidelik uit Andrew Rowles en Angelique Rall, asook Wikkie Hough en Tiaan van Rooyen bestaan, het ‘n aansielik moeiliker taak wat voorlê.
Zelan Burger, een van die leerlinge wat al die Dash gery het, vertel hoe hy en sy maats oor dié uitdaging voel.
“As jy ’n fietsryer is, is die Desert Dash heeljaar iewers in jou agterkop. Dit is soos 'n Kersgeskenk waarna jy die heeltyd uitsien en dit dan sommer lekker vroeg kry. Daar is wel ’n bietjie senuwees wat voor die tyd pla, maar as jy eers op jou fiets is en begin trap, is dit lekker verby! Dit is 'n ongelooflik lekker ervaring om deur een van die mooiste en oudste woestyne in die wêreld te ry. Dwarsdeur die nag, net jy, jou fiets en die natuur.
“Dit is aanhou trap deur hitte, wind, sweet, moegheid met spiere wat pyn, en die mis en koue naby die see. Wat natuurlik ongelooflik is, is die eindpunt op Swakopmund se strand, wat kan beter voel as dit? Dit is 'n gevoel wat jy jou lewe lank saam met jou kan dra en koester.
“Die Desert Dash is die grootste fietsrybyeenkoms in Namibië, al die kilometers wat afgelê word en die ander kompetisies waaraan ons deelneem, is asof dit maar net daar is om vir die Dash voor te berei. Wat 'n voorreg. Sien julle by die wenstreep, en dan begin ons weer na 2019 se Desert Dash uitsien,” het Burger geskryf.
Kiek en wen
‘n Leser kan N$1 000 wen met ‘n video van nie langer as 30 sekondes van die 2018 Nedbank Desert Dash. Dié video’s kan van vandag af tot net voor middernag op 13 Desember na 081 170 0040 geWhatsApp word.
Video’s sal op Erongo se Facebook-blad te sien wees en die wenner sal op 16 Desember bekend gemaak word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie