WHS-rugby kry oorhand teen Gim

Die tuisspan kon nie munt slaan uit sy vroeë oorheersing nie en het die ligbloues uit sy greep laat glip.
Andrew Poolman
Andrew Poolman – In ’n yl rugbyjaar weens Covid-19 het die Samsung WHS Koedoebulle die verligting en vreugde van ’n seldsame oorwinning in die Leeukuil van die Schoemans-groep Windhoek Gimnasium Leeus beleef.

Aan beide kante het trane agterna oor die wange van veral matriekseuns geloop, wat wys hoeveel waarde hulle aan die uitslag van die jaarlikse interhoërwedstryd tussen die twee spogskole in die hoofstad heg.

Met drie drieë teen twee het WHS die oorwinning met 23-13 verseker, nadat die besoekers rustyd met 6-8 agter was.

Verlore skoppunte was waarskynlik die mees ooglopende faktor wat Gimmies daarvan weerhou het om tot later in die wedstryd ’n meer realistiese aanspraak te behou. Losskakel Greshlinn Bruwer en sy medeskoppers het ’n lywige potensiaal van 22 punte (ses strafdoele, insluitend een voor die pale en binne die kwartgebied, en twee doelskoppe) deur hul vingers laat glip.

Ses minute was verstreke toe buitesenter Owen Hawanga teen die kantlyn op volle vaart ’n halfhartige duikvat afgeskud het vir Gimnasium se eerste drie in die regterhoek. Losskakel Bruwer kon nie met die skuins doelskop slaag nie, maar ’n latere strafdoel het sy span rustyd met 8-6 voor geplaas teen WHS, wie se bedrewe losskakel Geraldo Beukes sy span met twee strafdoele binne trefafstand gehou het.

WHS, wat hulle aanvanklik gans te gereeld vir oortredings op die grond deur skeidsregter Oscar Lambert laat straf het, het egter die vroeë storm oorleef om met drie laat drieë ’n onvergeetlike sege te beklink.

Die Koedoebulle se benadering om bykans elke bal wat hulle kry wyd te gooi, selfs diep in hul eie helfte, het hulle ’n paar maal in die moeilikheid laat beland en die WHS-pawiljoen laat kreun.

In die tweede helfte was dit egter Gimnasium wat meer kere met strafskoppe moes omdraai en teruggejaag is.

Die WHS-aanslag het elf minute ná rustyd gestalte begin kry toe hulle naby die doellyn met ’n tikskoppie aangeval en na regs uitgegee het vir vleuel Patrick Karsten om met ’n duikvatter of twee op sy rug vir ’n vyfpunter oor te val.

Senter Rashano van Rooi, terug ná ’n vroeër geel kaart, se doelskop het nie getref nie, maar net vyf minute later sou WHS wéér toeslaan.

Dié keer het agtsteman Riaan Grové die bal in ’n aanvallende lynstaanposisie bemeester en die WHS-agttal het die maalbeweging begin vorm. Skielik het die loskopstut Filipus Iyambo in die middel deurgebreek op ’n reguit 20-meterlopie, met die dekverdediging te laat om hom van die doellyn weg te hou – tot groot vreugde van die WHS-span.

Geraldo Beukes se doelskop het WHS met 18-8 beheer gegee, maar hoewel Gimnasium moedig probeer terugveg het, het die punteverskil tot 23-8 aangegroei toe die plaasvervangerslot Sheron Rossouw vir nog ’n onverdoelde drie oorgebeur het.

Gimnasium het laaste punte aangeteken met ’n drie deur agtsteman Liam le Roux ná dryfspel naby die doellyn, maar dit was te min en te laat.

“Ek is supertrots op elkeen van julle,” het WHS se hoofafrigter mnr. Ainsley Daniels agterna in die kleedkamer gesê. “Ná soveel naelskraapse teleurstellings in onlangse seisoene op hierdie veld het julle aan elke o.14- en o.15-seun by WHS gewys dat dit wel moontlik is.”

NETBAL

Op die netbalbaan het PSG Windhoek Gimnasium die skroef stywer gedraai om ’n wegholtelling van 50-20 teen die ligbloues op te stapel.

Die gasheerspan het stelselmatig sy greep op die wedstryd vergroot vandat hy ná die eerste kwart sy neus met 9-4 voor gekry het. Halftyd het op 20-6 aangebreek, terwyl die slag behoorlik gelewer was toe WHS ná die derde kwart moes toekyk na ’n telbord wat 36-10 gelees het.

Gimnasium het twee topspelers in die voorafgaande week met beserings verloor (Mia Brand, enkelbesering en Nadine le Roux, nekbesering) en het die hele wedstryd net sewe spelers in die bloedige hitte op die baan gehou.

Die akkuraatheid van Lorene Brand (kaptein) en Mioné Garbers was egter die doodsteek vir WHS, terwyl die Gim-verdedigers deurentyd baie druk op WHS se doelgooiers geplaas het.

Klara Greyling, afrigter van Gimnasium, sê: “Dit was deur en deur ’n spanpoging. Elke speler het haar deel gedoen en het by ons wedstrydplan gehou. My spelers is baie fiks en dit het hulle gehelp om die uur-wedstryd te kon deurtrek sonder om ’n ‘dip’ te vang. WHS is altyd goeie opposisie – ons is dankbaar vir die geleentheid om weer teen hulle te kon speel.”

• Volledige tellings van die interhoër binne in Sport Wrap.

• In nog ’n vriendskaplike rugbywedstryd Vrydagaand het KMC/JCC Windhoek Affies met 29-16 sy stempel afgedruk op Witel HTS, wat vanjaar van plan was om ’n terugkeer tot die gekanselleerde Momentum o.19 premierliga te maak.

Windhoek Affies, die Momentum-titelhouer van 2019 en 2018, het met dié geleentheid ook aan sy rugbyspan nog ’n seldsame speelkans in dié gedoemde seisoen gegee waarin hy sy kroon onbestrede behou.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.49/OZ UP +0.70% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.78% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.87/BBP UP +0.99% | Platinum US$ 914.94/OZ UP +1.42% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.49/OZ UP +0.70% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.78% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.87/BBP UP +0.99% | Platinum US$ 914.94/OZ UP +1.42%