WhatsApp sal nie meer inligting met Facebook deel
WhatsApp ontken dat daar in die verlede data van verbruikers met Facebook gedeel is.
WhatsApp het pas 'n onderneming onderteken waarvolgens die maatskappy hom daartoe verbind om nie meer gebruikers se persoonlike inligting met hul moedermaatskappy, Facebook, te deel nie.
Dit kom ná 'n ondersoek deur die Verenigde Koninkryk (VK) se kommissaris van inligting na hoe Facebook inligting van WhatsApp-gebruikers gebruik.
TechCrunch berig WhatsApp het onderneem om geen inligting van sy gebruikers te deel nie, buiten “basiese data”. Eerstens vermy WhatsApp (en Facebook) 'n heftige boete en tweedens, ingevolge die regulasies van databeskerming in die VK, is gebruikers se data nou veilig.
“Databeskerming verbied nie die maatskappy om persoonlike inligting te deel nie, hy moet net die wetlike vereistes nakom,” sê Elizabeth Denham, die kommissaris. Die ondersoek na WhatsApp is hiermee afgehandel, het sy bevestig.
Dis nie duidelik of WhatsApp se bereidwilligheid om in die VK nie meer inligting met Facebook te deel ook na elders in die wêreld, insluitend Suid-Afrika, sal uitkring nie.
Die maatskappy hou vol dat hoewel hy ingestem het tot die raad se regulasies, het dit nog nooit groot hoeveelhede data met enigiemand, insluitend Facebook, gedeel nie.
“Ons is baie besorg oor ons gebruikers se privaatheid,” sê die kletsdiens in 'n verklaring.
“Ons samel baie min data in en elke boodskap is gekodeer. Ons het al herhaaldelik aan die kommissaris verduidelik ons deel nie data op die wyse waaroor sy bekommerd is nie.”
Facebook het WhatsApp in 2014 vir nagenoeg US$19 miljard gekoop.
Kort daarna het die kletsdiens sy bepalings en voorwaardes aangepas en gebruikers se toestemming gevra om hul selfoonnommers met Facebook se stelsels te verbind.
Hoewel gebruikers kon geweier het, het baie nie besef waartoe hulle instem nie. Dit is steeds nie heeltemal duidelik hoe Facebook WhatsApp-gebruikers se data sedertdien gebruik nie.
Die Europese Unie het Facebook voorheen 'n boete van R1,5 miljard opgelê omdat die maatskappy misleidend opgetree het, want dit het eintlik reeds oor die tegniese vermoë beskik om gebruikers se data in te win nog voordat hy WhatsApp gekoop het.
- Netwerk24/The Guardian/TechCrunch

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie