WhatsApp

14 February 2019 | Menings
Aan ons geagte minister van onderwys. Wat is free education? Free education vir my beteken nie die ouers hoef nie skoolfonds te betaal nie. Nee, myns insiens beteken dit darem ten minste dat die staat die handboeke aan die skole voorsien. Julle stel ‘n nuwe sillabus op, maar gee vir die skole elk 25 handboeke. En die handboeke het kopiereg op. So geen fotostate mag gemaak word nie. Nou moet die ouers ook nog behalwe die skoolfonds honderde dollar betaal vir boeke. Baie dankie vir free education, mev. die minister. – Ontevrede ouer (Die pryse van handboeke op ‘n inkopielysie wat die leser aangeheg het, wissel van N$240 tot N$405 per boek.)

America donates equipment to fight the senseless poaching of our beloved rhinos. Thank you America and thank you all for trying to stop this devastating killing of our nature. Kinda makes me wonder why our Chinese guests in Namibia are not the biggest donors or sponsors to fight this. Come on China. Show us that you respect our country and its environment. Give us some attack helicopters, planes, night vision scopes, special soldiers to fight this poaching of our wildlife. Help us destruct these culprits. Help us treat them like you do with foreigners in China that don’t obey your laws.

Asseblief Arandis munisipaliteit en Erongo RED. Man, julle moet ophou om krag en water enige tyd af te sny. Onse TV’s, yskaste gaan breek. Wie gaan betaal? Ek is moeg. Alles is ‘n kopseer hier.

Hoe verklaar ‘n mens die volgende: Die WVB’se sakeman wat die ontvanger glo ingeloop het met belastinggeld kry borg. Die manne in die kokaïensaak in WVB kry nie borg nie. Waar trek ons die lyn?

Ek wil graag weet wat word gedoen by skole wat in graad 8 en graad 9 nie onderwysers het vir sekere vakke nie. Sommer drie vakke. Ministerie asb. Onderwys is belangrik vir ons kinders. Kyk na die plattelandse skole, byvoorbeeld Groot-Aub.

Goreangabdam-woonbuurt in die omgewing van Bartlettstraat het nou (Dinsdagnamiddag) vir twee dae nie drink-, bad- of kookwater nie. CoW is tjoepstil en ons weet nie wat gaan aan nie.

Ek kan nie verstaan hoe die amptenare dink nie. Dis sooo maklik om 'n straat te blokkeer. Vanoggend (Dinsdag) blok hulle Robert Mugabe, een van die besigste strate, af en sê jy moet links draai na Onafhanklikheidslaan, en dit neem 15 minute om in Onafhanklikheidslaan te gaan, net om in rye te staan aanmekaar. Dis dieselfde op die B1. Die verkeerspolisie staan onder die brug in die koelte, en parkeer hul voertuie in die koelte, rigting suid. Die tou is lateraan 'n kilometer lank. Nou vra mens hoekom is die land bankrot?

Please say no. No more permits. No more chopping down of trees. You are depriving the oxygen levels as trees are providing oxygen. - Mogamat Salie Saban

Ouers, daar is 'n sekere privaat skool in Windhoek wat "drama en speech" as 'n vakkeuse aanbied, maar dis ‘n nul op 'n kontrak! Nust en Unam aanvaar dit nie. – Baie ongelukkige ouer

Kan iemand my met ‘n saak en die hof se uitspraak help. Hoe is dit moontlik dat ‘n regter ‘n annuïteit in ‘n egskeidingskikking aan ‘n 3de persoon gee as dit nie aan ‘n 3de persoon oorgedra kan word nie?

Soortgelyk

 

Ooreenkoms tussen buitelandse mediese studente, mediese raad

2 dae gelede | Gesondheid

NUUSBREKERDie hoërhof het vandag 'n ooreenkoms tussen die Raad vir Gesondheidsberoepe in Namibië (HPCNA) en 'n groep beswaarde mediese en tandheelkundige studente bekragtig wat in...

Polisiebeampte skiet per ongeluk kind

2 dae gelede | Misdaad

‘n Polisiebeampte het Donderdag in die vroeë oggendure per ongeluk ‘n kind naby die landdroshof in Katutura doodgeskiet. Die voorval het omstreeks 03:00 plaasgevind. Volgens...

Vragmotor met reuse daggavonds onderskep

2 dae gelede | Misdaad

Die polisie in die Ohangwena-streek het ‘n swaar vragmotor in die omgewing van Eenhana met 41 sakke dagga onderskep. Volgens die polisie se misdaadkoördineerder en...

Derde wildehond dood

2 dae gelede | Omgewing

Een van die drie wildehonde van N/a'an ku sê wat op die Zannier-reservaat geskiet is, het vanoggend aan sy erge beserings weens skietwonde beswyk. Dit...

Aussenkehr staar ramp in gesig

2 dae gelede |

Ronelle Rademeyer - Die Namibiese regering is versoek om Suid-Afrika te vra om dringend water uit sy opgaardamme vry te laat, aangesien die Oranjerivier by...

Droogtehulp as Valentynsgeskenk

2 dae gelede | In beeld

‘n Konvooi van 10 lorries vol lusern het gister van die Hardapskema af na verskeie bestemmings in die Suide vertrek. Hierdie veevoer vir boere is...

Kalender 15 Februarie

2 dae gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang » Die Brewer & Butcher by die Strand Hotel op Swakopmund bied môreaand ’n woord-en-wyn-aand aan. Gaan geniet ’n kuier met...

Noorde Sondag sonder krag

2 dae gelede | Energie

Die nasionale elektrisiteitverskaffer NamPower het aangekondig vier noordelike streke sal Sondagoggend sonder krag wees. Dié onderbreking is geskeduleer vir 07:00 tot 13:00 en sal inwoners...

'Belastingbetalersgeld het ons opgelei'

2 dae gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht – “Ons wil nie die regering se pogings ondermyn of evaluerings stop nie. Ons wil net ’n regverdige en deursigtige manier hê waarop...