Besef die mense wat geld gee vir die gestremde dame wat by die Grove Mall bedel hulle moedig mishandeling aan? Wie is dit wat haar elke oggend daar aflaai om heeldag in die son te staan en bedel? Hoe gaan sy na 'n toilet toe? Wat gaan gebeur as nog 4 mense soos sy op stoele in die middel van die pad gaan sit? Hoekom vat 'n welsynwerker of polisieman haar nie na 'n plek toe waar sy versorg kan word nie?
Wat is die rede dat die werknemers van CoW wat die asblikke Dinsdagoggende in Kleine Kuppe oplaai dit so breek? Nie net moet jy weer pad af loop om jou asblik 6 huise verder te gaan haal nie, maar dan kry jy nog jou een wat netnou heel was, nou sonder 'n deksel. Gaan die kostes van 'n nuwe asblik by die werknemers se salarisse afgetrek word sodat hulle daaruit 'n les geleer kan word om dit nie weer te laat gebeur nie, of moet ek maar as 'n getroue belastingbetaler met 'n glimlag op my gesig munisipaliteit toe gaan en in 'n ry gaan staan en vorms invul en mooi vra én betaal vir 'n nuwe asblik? Al wat ek kan aflei, is dat daar geen beheer toegepas word nie en dat daar ook geen trots vir hulle werk is nie. Maar nou ja, almal kom met alles weg.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie