WhatsApp
WhatsApp

WhatsApp

Dani Booysen
Die persoon wat skryf oor die dame wat by Grove staan . . . Sy het glo deur government ‘n huis gekry en sy word deur hul versorg, maar ek praat onder korreksie. En sy is al verwyder en was al swanger, maar kom net weer terug en as jy haar nie geld wil gee nie slaan sy jou voertuig met haar kruk. Het ondervinding daarvan. So polisie en stadspolisie, hou op ander mense dophou en doen jul werk.

Graag wil ek dit onder almal se aandag bring. My man was die 12de September by ‘n OTM op Otavi. Geen sekuriteit wat da’ is om te kyk dat da’ nie geroof word. Toe dit my man se beurt is om onttrekking te doen, kom staan een man agter hom en sê die masjien is net vir e-wallet. Gelukkig het hy nie die bedrag ingetik nie. Toe druk die man iets op die masjien en my man onttrek sy kaart en ry na Spar toe. Toe hy ry stap die man na die masjien. Hy is toe na OK Foods. Toe hy sy kaart wil swipe toe geen fondse Die man het sy geld gesteel, N$600 van ‘n pensioenaris. Daarom neem ek die bank kwalik omdat da’ nie ‘n sekuriteit is. Man toe nie gekry. Weg met jou hard verdiende geld.

Ek lees in die brief van dr. HM Zwemstra namens die Namibiese gemeentes van die Gereformeerde Kerke in Suider-Afrika, en luister ook na Kanaal 7 se advertensie “Hy is Koning, al die nasies loof Hom” en dan wonder ek waarom word die kern van ons geloof, die naam “Here Jesus Christus“ vermy? Kla hierdie naam ons dalk aan, of word ons voorberei om net ‘n Baal-god te aanbid wat ons “Hy of Hom of Here of God” noem?

Geen gebed sal verhoor word, as ons nie deur die Hoë Priester Jesus Christus toenadering tot God soek nie. (Heb. 4:14-16)

Jesus se eie woorde lui soos volg: “Alles is aan My oorgegee deur my Vader en niemand ken die Seun nie, behalwe die Vader; ook ken niemand die Vader nie behalwe die Seun en aan elkeen aan wie die Seun dit wil openbaar”. (Matt. 11:27) Lees ook Hand. 17:30-31.

Hierdie Naam gaan nog die toets van ons geloof word en ons moet ons nie deur gesiene valse profete laat mislei nie. (Matt. 24:8-14).

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!