WhatsApp 22 September 2021
Ek worstel hiermee. Is dit reg dat mense in "saamlewe"-verhoudings as ouderlinge in die "wingerd" van die Here diens doen? Ek oordeel nie, maar in die verlede was dit nie toegelaat nie. Die ander ding is, hulle word nie gepla nie. Sommige is weer vir die tweede keer "gekies" en hulle doen nie eens moeite om te trou nie. Is dit reg dat dit so moet wees? En is ek verkeerd as ek dit as verkeerd sien en dit aanspreek? Hoe kan 'n ongetroude ouderling vir my wat getroud is "berading" gee? Haal die mense af dat hulle trou en terugkom. En dit is juis hulle wat die "voorbokke" is. Hulle loop oor almal, selfs die leraar word nie gesien en gerespekteer nie. Daar moet rêrig iets hieraan gedoen word. Dit kan nie so aangaan nie. Jesus het gewone mense tot dissipelskap geroep, vissermanne, ens., maar na hulle geroep is, het hulle hul lewenswyse verander. Wat is dit dan met hierdie ouderlinge? Hulle betree die Heilige altaar, die preekstoel en soms deel hulle die Heilige Nagmaal uit. Roep die mense terug, help hulle, onderrig hulle, vertel hulle hoe 'n ouderling/dissipel se lewe moet wees.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie