Wetsontwerp terug parlement toe
Ogone Tlhage – Die wet op staatsondernemings sal na verwagting eersdaags weer in die Nasionale Vergadering (NV) vir finale insette voorgelê word, mnr. Leon Jooste, minister van staatsondernemings.
Wanneer die wet bekragtig word, sal dit Jooste se ministerie toesig oor verskeie ekstra begrotingsfondse en kommersiële ondernemings gee.
Die wetsontwerp is verlede jaar na die Nasionale Raad gestuur ná dit ter tafel gelê is en wysigings gemaak moes word.
Met die proses wat nou voltooi is, sal dit tydens die parlement se huidige sitting bespreek word.
“Die Nasionale Raad het kleiner wysigings voorgestel. Die prokureur-generaal, mnr. Albert Kawana, het dit gesertifiseer om in die Nasionale Vergadering voorgelê te word. Daarná sal pres. Hage Geingob dit as wet bekragtig en slegs dan sal ons dit kan implementeer,” het Jooste gesê.
Die minister het vroeër in die parlement gesê die voorgestelde wet sal die ministerie van staatsondernemings namens die staat die direkte aandeelhouer in staatsbeheerde ondernemings maak.
Die voorgestelde wetsontwerp gee aan Jooste breë magte om toesig oor meer as 18 strategiese staatsondernemings te hê.
Jooste het vroeër aan die parlement gesê kommersiële openbare ondernemings het ‘n batewaarde van N$62 miljard, N$30 miljard se laste en ‘n jaarlikse inkomste van N$23 miljard.
Volgens Jooste verteenwoordig die wetsontwerp ’n hibriede model vir goeie bestuur en sal dit bestuur verbeter.
“Die model sal die ministerie in staat stel om meer gefokus en gespesialiseerd te wees, met ‘n toepaslike struktuur en vaardighede om ‘n professionele, aktiewe verteenwoordiger van aandeelhouers vir die staat te wees,” het Jooste gesê.
Volgens hom is die wetsontwerp die “voor die hand liggende volgende stap in die evolusie van die landskap van openbare ondernemings in Namibië”.
Hy het gesê dit laat ook ruimte vir verdere uitbreiding en verfyning indien ’n behoefte daaraan ontwikkel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie