Wetsontwerp gaan NamPost, Telecom se paaie skei
Ogone Tlhage – ’n Wetsontwerp om Namibia Post and Telecommunications Holdings (NPTH) te ontbondel sal na verwagting vanjaar in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê word, het mnr. Stanley Simataa, die minister van inligting en kommunikasietegnologie, gesê.
NamPost, Telecom en 66% van MTC val onder dié maatskappy.
Die moontlikheid van die wetsontwerp volg op ’n kabinetsbesluit in 2018 om met die beheermaatskappy weg te doen.
Volgens berigte in dié tydperk is aan die hand gedoen die ontbinding van NPTH is die gevolg van Namibië se mededingingskommissie se voorwaardelike goedkeuring van Telecom Namibia se verkryging van Leo, wat daarná TN Mobile geword het.
Dít het glo genoodsaak dat MTC en Telecom se eienaarskapstruktuur afsonderlik en onafhanklik moes wees.
Die kabinet het onderneem om NPTH te ontbind en sy eiendom en laste te herverdeel.
Mnr. Tjekero Tweya, wat in 2015 die minister van inligting en kommunikasietegnologie was, het toe ’n raad met vyf raadslede aangestel om aan die stuur van die proses te staan.
Die raad, gelei deur me. Ally Angula, huidige adjunk- uitvoerende direkteur van finansies, moes die ontbondeling tussen 2015 en 2017 behartig.
Volgens Simataa is wysigings wat ontbondeling moontlik maak, reeds in ’n gevorderde stadium.
“Wysigings sal binnekort in die parlement ter tafel gelê word,” het Simataa gesê.
Angula het in 2016 aan Windhoek Observer verduidelik die ontbondeling is geen nuwe besluit nie.
“Jare gelede het die kabinet besluit om ’n duidelike prentjie van die regering se beleggings in Telecom en NamPost te kry. Die doel was ook om seker te maak bates, hoofsaaklik die eiendomme wat NPTH tans namens filiale besit, word op dié maatskappye se balansstate aangedui sodat hulle sterker balansstate kan hê,” het sy gesê.
Volgens ’n jaarverslag vir die tydperk geëindig op 30 September 2014 is NPTH se bates N$10 miljard werd.
NPTH besit ook geboue wat deur Telecom Namibia en NamPost gebruik word.
Die maatskappy is in 1992 onder die wet op die stigting van pos- en telekommunikasiemaatskappye geregistreer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie