Wetskonsep is 'doodskoot vir sport'
Verdoemende kritiek is gister uitgespreek op voorgestelde wetgewing wat biermaatskappye verbied om te adverteer of sport te borg.
Hoofredaksie – Langdurige onderhandelinge oor nuwe wetgewing om alkoholmisbruik te beveg, is nou in die openbare arena en het gister reeds verdoeming uit sekere kringe gelok.
Die Konsepwet op die Voorkoming en Behandeling van Middelemisbruik verbied alkoholiese handelsmerke onder meer om sport te borg. Dit bevat ook 'n rits streng beperkings op die advertering van sulke produkte.
Gratis verspreiding van alkoholiese produkte is verbode, maar “gewone handelsafslag” is toelaatbaar.
'n Fonds sal gestig word wat deur heffings op alkohol-, tabak- en ander produkte wat in die wet uitgestippel word, gefinansier sal word.
Mnr. Freddy Mwiya, hoofadministrateur van die Namibiese Sportkommissie, het gister gesê hulle bestudeer die wetskonsep wat die verbod op alkoholmaatskappye se advertensies, borgskappe en ondersteuning vir sport in Namibië sou afdwing.
“Ons het dit ontvang en ek glo daar sal konsultasies met die betrokke gemeenskappe wees,” het hy gesê.
Die voorgestelde wetgewing is drakonies, skokkend en ondeurdag, het die veel meer uitgesproke president van die Namibië Rugby-unie (NRU), mnr. Corrie Mensah, gesê.
Mensah sê hy sal president Hage Geingob, as jarelange beskermheer van die Rugby-unie, persoonlik versoek om sy kabinet aan te moedig om nie goedkeuring aan die wetskonsep te gee nie.
“Dit sal daarop neerkom dat die regering die land se ekonomiese bedrywighede saboteer. Uit my oogpunt het die ministerie van gesondheid vele kwessies van véél groter belang as om hulle hiermee besig te hou. Wie dink sulke malle idees uit en kry regskenners om dit as 'n wetskonsep op te stel?
“Dis moeilik om af te lei presies wat hulle probeer bereik en of hulle ooit die bedoelde en onbedoelde gevolge en scenario's teen mekaar afgespeel het. Die nadele hieraan verbonde weeg vir my veel swaarder as die voordele van hul mikpunt, wat ook nie vir my duidelik is nie.
“Sommer uit die staanspoor sien ek grondwetlike uitdagings vir hierdie klas wetgewing. Maatskappye in die alkohol- en tabakbedrywe doen groot beleggings ter bekamping van verslawing en doen veel meer uitgebreide werk op dié gebied as die regering.
“Wil jy vir my sê geen brouery mag 'n nuwe produk op die mark bekendstel nie? As dit nie geadverteer mag word nie, hoe sal mens weet watter produk goed is?
“Ek is nie 'n drinker nie, maar biermaatskappye het hulle bewys as die lewensaar vir menige sportkode in hierdie land oor baie jare.
“En ons weet almal reeds dat alkoholiste hulle nog nooit deur wetgewing laat keer het nie.”
“Wil jy vir my sê hierdie wetskrywers gebruik geen alkohol nie en niemand van hulle besit 'n sjebeen nie? 'n Mens kan dit nie eens as voortydig beskryf nie; dis sommer absurd.
Mensah sê die wetskrywers moet hulself afvra watter boodskap hulle aan die jeug uitstuur deur op hierdie wyse “die doodsklok” vir vele sportkodes insluitend rugby te lui.
“Rugby alleen sal miljoene per jaar verloor. Watter biermaatskappy sal spanne borg indien sport nie toegelaat word om 'n advertensiemedium te wees nie? Sulke maatskappye sal wegstap van sportborgskappe.”
Namens die Namibiese Sokkervereniging (NFA) sê hul woordvoerder, Dan Kamati, hulle sal op die gepaste tyd kommentaar lewer.
Die nasionale rugby- en sokkerspanne het beide 'n jarelange, noue verbintenis met handelsmerke van die Namibië Brouerye.
Oor vele landsgrense heen kom 'n sportgeleentheid soos die Windhoek Lager Internasionale Parespel-gholfreeks ook regstreeks onder skoot.
Die wydlopende wetskonsep word steeds deur die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste en belangegroepe bespreek.
Die Konsepwet op die Voorkoming en Behandeling van Middelemisbruik maak voorsiening vir die oprigting van halfweghuise en bevat uitvoerige regulasies vir rehabilitasiesentrums.
Enige advertering vir die gebruik van alkohol en verwante produkte op TV, radio en gedrukte media sal verbode wees.
Wettige handelaars mag wel 'n kennisgewing opsit van hoeveel sulke produkte kos, maar mag nie handelsmerke of uitbeelding gebruik nie.
Buiten vir sport mag geen dienste of geleenthede, insluitend musiek, geborg word. Die minister sal 'n periode mag vasstel vir uitfasering van bestaande borgskappe.
FOTO
Die genoemde konsepwet is ’n “malle idee” en ’n doodskoot vir Namibiese rugby, sê die NRU-president mnr. Corrie Mensah. Foto argief

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie