Wetmaking se wiele gaan stadig rol
'n Kenner meen die beplande nasionale verkiesings sal oudergewoonte die werksaamhede van die parlement lamlê.
Denver Kisting - Die trae proses rondom die nuwe raamwerk vir gelyke ekonomiese bemagtiging (NEEEF) sal waarskynlik nie vanjaar afgehandel word nie.
Sou dít wel gebeur, sal dit as 'n afgewaterde weergawe opduik, meen mnr. Graham Hopwood, die uitvoerende direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR).
Volgens hom sal 'n verdere vertraging of verwatering die gevolg wees van die regering se vrese om die private sektor verder die harnas in te jaag.
NEEEF is die jongste regeringsmaatstaf om die geskiedkundig ongelyke deelname aan die ekonomie van die land te probeer oplos.
Sedert dié beplande wetgewing rugbaar geword het, is dit in omstredenheid gehul vanweë voorstelle wat in sekere kringe as radikaal beskou word.
Pres. Hage Geingob het verlede jaar gesê swart Namibiërs gaan steeds weens die verlede onder ekonomiese ellende gebuk.
Hy het toe gesê wetgewing om die skewe verdeling van inkomste in die land te probeer omkeer, moet dringend van krag word.
“Dit mag wees dat NEEEF-verwante wetgewing verder vertraag sal word om nie die private sektor te steur nie, of dit kan bekend gestel word as 'n veel afgewaterde weergawe,” het Hopwood Vrydag aan Republikein gesê.
Hy is van mening dié is waarskynlik nie die enigste vertraging wat die land te wagte kan wees nie.
“Ander beplande wetgewing en beleid wat al vir verskeie jare op die tafel is, mag verder vertraag word,” het hy gesê.
Dit kan wetgewing insluit wat verband hou met die kommunikasie- en inligtingsektor, soos die wetsontwerpe op kuberveiligheid en dié op toegang tot inligting, meen Hopwood.
Hy sê die voorgestelde wette is tans 'n twisappel omdat sommige regeringslui verreikende bepalings oor toegang tot inligting probeer verhoed.
Daarnaas bestaan vrese dat die wetlike aanpak van kuberveiligheid sekere grondwetlike regte in die slag kan laat bly, sê Hopwood.
Volgens hom sal die regering waarskynlik dié wetgewing uitstel tot 2020 in 'n poging om tydens die verkiesingsjaar konflik met burgerregtegroepe te vermy.
Hopwood is van mening mnr. Calle Schlettwein, die minister van finansies, sal waarskynlik ook nie vanjaar aanvullende druk gespaar bly nie.
Schlettwein sal sy standpunt moet staaf dat die ekonomie aan die herstel is deur uitgawes in die nasionale begroting te verhoog, sê Hopwood.
Hiernaas is die kenner van mening die versoeking sal groot wees om voornemende kiesers heuning om die mond te smeer deur maatskaplike beskermingstoelaes te verhoog, meer op infrastruktuur uit te gee en belastingvoordele toe te staan.
Dít sal meebring dat die land se skuld en die begrotingstekort nader aan onvolhoubare vlakke gedruk sal word, waarsku Hopwood. “Hy sal 'n baie moeilike balanseringstoertjie moet uitvoer.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie