Wet slaan toe op wapenlisensies
Wet slaan toe op wapenlisensies

Wet slaan toe op wapenlisensies

Ingrypende veranderinge is op pad om gewapende geweld vas te vat.
Denver Kisting
Denver Kisting – Op die oomblik hoef iemand wat om ’n wapenlisensie aansoek doen, nie bewys te lewer dat hulle in staat is om ’n wapen te hanteer of met vuurwapens handel te dryf nie.

Boonop was daar in 2004 sowat 97 262 wapenlisensies in omloop, terwyl dié syfer tans op 210 000 staan – meer as 100% meer.

In die derde kwartaal van 2018 alleen is 4 870 aansoeke ingedien om wapens te besit.

Die helfte hiervan was vir handwapens om na bewering vir selfverdedigingsdoeleindes te gebruik.

Die adjunkminister van veiligheid en sekuriteit, mnr. Daniel Kashikola, het die afgelope week in die Nasionale Vergadering (NV) toegegee die huidige wet is vrot van die leemtes “wat die beheer van vuurwapens en ammunisie betref”.

Hy sê 80% van gesteelde vuurwapens is handwapens waarvan sommige vir misdaad gebruik word.

Hy het gesê dié werklikheid het die ministerie genoop om die afgelope twee jaar met ander regeringsinstellings, wapenhandelaars, ’n professionele jagliggaam, tradisionele leiers en streekgoewerneurs te beraadslaag.

Hierdie samesprekings het tot die totstandkoming van ’n nuwe wetsontwerp oor wapens en ammunisie gelei.

Kashikola het die wetsontwerp die afgelope week onder die Huis se aandag gebring.

Enigiemand wat voortaan om ’n wapenlisensie aansoek doen, moet eers ’n bevoegdheidsertifikaat bekom.

Die bepaling geld vir enigiemand wat ’n wapen wil besit, in wapens handel wil dryf of dit vervaardig.

Eweneens is ’n bevoegdheidsertifikaat ook ’n vereiste vir iemand wat wapens wil versamel of sake wil doen as ’n wapensmid of -tussenhandelaar.

Aansoeke om bevoegdheidsertifikate moet op ’n voorgeskrewe vorm aan die inspekteur-generaal van die Namibiese polisie gerig word.

Die dokument sal net uitgereik word as daar aan ’n aantal vereistes voldoen word. Dit moet elke vyf jaar hernu word.

Onder meer moet enigiemand wat vir ’n wapenlisensie of ’n bevoegdheidsertifikaat in aanmerking wil kom, ’n Namibiese burger wees of oor ’n permanente verblyfpermit beskik.

Sodanige persoon moet ook minstens 18 jaar oud wees.

Iemand wat aan ’n geestesongesteldheid ly of na bewering aan een ly, sal nie in aanmerking kom nie.

Sou die wetsontwerp ’n wet word, gaan mense wat aan drank en dwelms verslaaf is, eweneens nie vir ’n bevoegdheidsertifikaat oorweeg word nie.

Diegene, wat onder die nuwe beplande wet aan ’n oortreding skuldig bevind word en tronkstraf opgelê word sonder die opsie van ’n boete, sal ook nie geskik geag word nie.

Iemand wat in Namibië of elders skuldig bevind is aan die onwettige gebruik of hantering van wapens sal ook voortaan die kanse op ’n wapenlisensie verbeur.

Die beoogde wet verbied die owerhede ook om ’n bevoegdheidsertifikaat uit te reik aan enigiemand wat, hetsy in Namibië óf elders, aan ’n geweldsmisdaad, insluitend huishoudelike geweld en seksuele mishandeling, skuldig bevind is.

Iemand wat op enige plek ter wêreld aan ’n misdaad skuldig bevind is aan die misbruik van alkohol en tronkstraf sonder die opsie van ’n boete opgelê is, sal ook van ’n bevoegdheidsertifikaat moet vergeet.

Dieselfde geld oortredings wat met die nalatige of roekelose hantering van ’n vuurwapen verband hou.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.94 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.94 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%