Wet beskerm hokaairoepers
Wet beskerm hokaairoepers

Wet beskerm hokaairoepers

Wetgewing om mense te beskerm wat korrupsie­ en vergrype aanmeld, is ná belang­rike wysigings deur die Nasionale Vergadering aanvaar.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Die Wet op Besker­ming van Hokaairoepers is Dins­dagmiddag aanvaar toe die Nasionale Vergade­ring (NV) sy werksaamhede vir die vyfde sitting van die sesde parlement in Windhoek hervat het.

Dit sal nou deur lede van die Nasionale Raad ge­debatteer word.

Die wetgewing is aanvaar nadat sekere wysigings aangebring is – onder meer om voorsiening te maak vir die instelling van 'n kantoor vir die beskerming van hokaairoepers, asook prosedures wat mense beskerm wat inligting oor onbehoorlike optrede soos bedrog en korrupsie bekend maak.

Dr. Albert Kawana, minister van justisie, het Dinsdag gesê die wet­skrywers het verskeie aanbevelings wat tydens die vorige sitting deur dié huis gemaak is, in die ­wetgewing geïnkorporeer.Volgens hom sal hierdie wetgewing gebruik word om korrupsie te beveg “aangesien die land se hulpbronne nie aan individuele mense behoort nie”.

Kawana het die hoop uitgespreek dat die wet burgers die moed sal gee om korrupte optrede aan te meld.

Die drukgroep ACTION Coalition het intussen die wysigings verwelkom wat aangebring is aan dié wetsontwerp wat op 16 Februarie vanjaar in die NV ter tafel gelê is. “Ons verwelkom veral die skrapping van klousule 52(1d), wat daarvoor voorsiening sou maak dat hokaairoepers nie op be­skerming kan aanspraak maak indien hulle die regering kritiseer nie.

“Verder is dit prysens­waardig dat die wet nou uitdruklik diegene beskerm wat, bykomend tot ander ongeoorloofde optredes, menseregte­skendings openbaar maak,” lui die verklaring­ deur mnre. Frederico­ Links en Graham Hopwood van die koalisie.

Hulle sê ander wysigings wat dié wet­gewing ver­beter, is die toegewing­ van beskerming aan werknemers wie se werkskontrakte­ geheimhouding vereis, asook die versekering dat hokaairoepers beskerming sal geniet totdat 'n tribunaal anders besluit.

“Die wet is nie perfek nie; dit penaliseer steeds valse aanmeldings, wat ons voel as 'n afskrikmiddel sal dien vir ware hokaairoepers wat vergelding vrees,” sê Links en Hopwood. Hulle verwelkom ook die verlaging van die maksimum boete vir valse aanmeldings van N$100 000 tot N$30 000 en die maksimum tronkstraf van 20 jaar tot 10 jaar. “Dit is egter jammer dat die boetes vir mense wat hokaairoepers intimideer, óók verlaag is. Gelukkig is die maksimum boete van N$50 000 en maksimum tronkstraf van 20 jaar vir intimideerders nog hoër as die maksimum strawwe vir valse aanmeldings,” lui hul verklaring.

Voorts wys die koalisie­ daarop dat die wet in sy aan­gepaste formaat sal bydra tot 'n Namibië waar hokaairoepers vry voel om vergrype aan te meld, sonder vrees vir vergelding.

- Eie berig en Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.4 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.04 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.04/OZ UP +0.68% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.36% | Zinc US$ 2 853.10/T UP 1.67% | Brent Crude Oil US$ 87.47/BBP DOWN -0.006 | Platinum US$ 909.18/OZ UP +0.78% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.4 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.04 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.04/OZ UP +0.68% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.36% | Zinc US$ 2 853.10/T UP 1.67% | Brent Crude Oil US$ 87.47/BBP DOWN -0.006 | Platinum US$ 909.18/OZ UP +0.78%