Westair 'wil plaaslike bedryf beskerm'
Westair 'wil plaaslike bedryf beskerm'

Westair 'wil plaaslike bedryf beskerm'

’n Plaaslike maatskappy het die aankoop van vier vliegtuie bevestig wat Air Namibia tans gebruik.
Augetto Graig
Augetto Graig - Westair Aviation het gister bevestig dat hulle wel die 4 Embraer ERJ 135-vliegtuie wat Air Namibië gebruik vir plaaslike en streeksroetes van hul vorige eienaars, Air France / HOP!, aangekoop het.

Volgens me. Desireé Willemse, Westair se besturende direkteur se persoonlike assistent, wil Westair graag “alle belanghebbers en reisigers verseker dat die vliegtuie vir Air Namibië beskikbaar sal bly".

Volgens Willemse is die enigste aspek wat verander dat die betrokke vliegtuie nie meer in buitelandse besit sal wees nie.

“Afgesien daarvan bied dié onderneming die huidige binnelandse en plaaslike vloot die geleentheid om op te gradeer. Dit sal kwessies van betroubaarheid aanspreek, wat reisigers op die lang termyn negatief kan beïnvloed. Westair onderneem om alle voorwaardes van die vliegtuie se huidige huurkontrak na te kom en sodoende alle belanghebbendes se regte te beskerm,” het sy gesê.

Willemse het gesê Westair is ’n suiwer Namibiese maatskappy wat die bevordering en ondersteuning van sake binne die land se grense ondersteun.

“In die afgelope 50 jaar van Westair Aviation se bestaan, het ons voortdurend die maatskappy se kernbesigheidsareas uitgebrei. Dit sluit in die verkryging, herstel en huur van vliegtuie, en direkte vliegtuig-bedrywighede. Hierdie nuwe onderneming strook met Westair se kernwaardes van sake doen in Namibië,” het sy gesê.

“Die huidige instroming van vyf streeksvlugte en ses internasionale lugrederye het baie min wedersydse voordeel. Dit het getoon dat daar ’n behoefte is aan die bevordering van lugvaartbesigheid in die land deur plaaslike ondernemings soos Air Namibia te ondersteun. Dis ’n eerste vir ’n Namibiese onderneming en 'n groot stap in die versekering van die Namibiese lugvaartbedryf,” het sy gesê.

Air Namibia kry reeds swaar en is verlede week nóg ’n slag toegedien toe die ministerie van werke en vervoer hulle ingelig het daar is nie vandeesmaand geld vir hul subsidie nie.

Verlede Woensdag het mnr. Willem Goeiemann, die permanente sekretaris van die ministerie, ’n brief aan Air Namibia gerig om hulle in kennis te stel dat die verwagte subsidie nie betaal gaan word nie.

“Weens beperkte fondse van die tesourie wat vir Julie toegeken is, is die ministerie nie in staat om jul regeringsubsidie te betaal nie. Die ministerie moedig Air Namibia aan om ander reëlings te tref om Julie se huur, onderhoud en brandstof te betaal,” lees die brief.

Terselfdertyd vra Goeiemann ook Air Namibia moet alle finansiering wat hulle van die regering ontvang het, asook betalings wat in die 2017-'18-boekjaar gemaak is, op skrif stel en aan hulle verskaf.

Hy het gesê die ministerie en Air Namibia bespreek die saak nog, en hy wou nie subsidiebedrag bevestig nie.

Oor die vier vliegtuie sê Air Namibia se woordvoerder, mnr. Paul Nakawa: “Air Namibia verwag dat die bedrywighede sal voortgaan soos altyd - sonder onderbrekings. As gevolg van vertroulikheid kan die lugredery nie verder uitbrei nie. Ons doen 'n beroep op lede van die publiek om kalm te bly,” het hy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.97 | EUR to NAD 20.54 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.05 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.45 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.27 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 199.60/OZ UP +0.40% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0019 | Zinc US$ 2 441.60/T DOWN -0.61% | Brent Crude Oil US$ 86.61/BBP UP +0.26% | Platinum US$ 896.95/OZ UP +0.23% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.97 | EUR to NAD 20.54 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.05 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.45 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.27 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 199.60/OZ UP +0.40% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0019 | Zinc US$ 2 441.60/T DOWN -0.61% | Brent Crude Oil US$ 86.61/BBP UP +0.26% | Platinum US$ 896.95/OZ UP +0.23%