Wes-Kaap se damvlakke begin reeds weer daal
Wes-Kaap se damvlakke begin reeds weer daal

Wes-Kaap se damvlakke begin reeds weer daal

Malherbe Nienaber



Damvlakke in die Wes-Kaap het die afgelope week effens gedaal, terwyl Kapenaars gemaan is om water te bespaar noudat die einde van reënseisoen aangebreek het.

Die gemiddelde damvlak in die Wes-Kaap het teen Maandag tot 66,09% gedaal, vanaf 66,14% verlede week.

Verlede jaar dié tyd was die damvlak slegs 35,78%.

Kaapstad se gemiddelde damvlak het ook gedaal tot 75,63% vanaf 75,75% – teenoor 37,04% dieselfde tydperk verlede jaar.

Anton Bredell, Wes-Kaapse LUR vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, sê die stand van die damme in die Karoo bly 'n groot bron van kommer, met die gemiddelde vlak wat op onder 20% staan.

“Die goeie nuus is egter dat dié streek nog reënval in die somer ontvang.”

Bredell het gewaarsku teen die vermorsing van water en benadruk dat die gemiddelde damvlak in 2016 dié tyd ook rondom 61% was.

“Ons uitdagings met water gaan nie verdwyn nie en gaan waarskynlik net vererger in die jare wat kom. Dit is hoekom ons vordering met die aanvullingsprojekte van die nasionale regering moet sien.”



WINTERWATER

Hoewel die werk om die Clanwilliamdam se wal te verhoog verwelkom word, sê Bredell die projek om oortollige winterwater van die Bergrivierdam na Voëlvleidam te herlei moet ook op dreef kom.

Die Kaapstadse metroraad het Maandag ook bevestig dat die gemiddelde daaglikse watergebruik gestyg het tot 563 miljoen liter, vanaf 546 miljoen liter.

Die mikpunt vir gebruik onder vlak 5-beperkings is 500 miljoen liter per dag en die metroraad sê daar moet sover moontlik daarby gehou word, totdat die nasionale departement van water en sanitasie waterbeperkings verder verlig.

Dié besluit hieroor kan moontlik in Desember bekend gemaak word. Onder vlak 5 word verbruik van 70 liter per persoon per dag toegelaat.

Die nasionale departement het ook gewaarsku dat die reënseisoen vir die grootste deel van die Wes-Kaap vinnig sy einde bereik en het 'n beroep op inwoners gedoen om soveel as moontlik water te bespaar.– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!