Werksverliese op pad by TransNamib
Werksverliese op pad by TransNamib

Werksverliese op pad by TransNamib

Die nasionale spoorwegmaatskappy beplan om bykans ’n kwart van sy werkers af te lê.
Augetto Graig
Augetto Graig

Namibië se nasionale spoorweg-staatsonderneming TransNamib maak reg om 340 van sy 1 309 werknemers landswyd af te dank.

Dié inligting het na vore gekom toe ’n brief van die uitvoerende hoof mnr. Johny Smith aan mnr. Leon Jooste, die minister van staatsondernemings (SOE’s), uitgelek het.

Gister het TransNamib in sy amptelike reaksie die lek van dié sensasionele inligting as ongelukkig beskryf. Volgens die woordvoerder me. Abigail Raubenheimer is die verwikkeling in ’n aanvanklike fase van beplanning.

“As ’n staatsonderneming, en met beskouing van die wet op openbare ondernemings (2019), is dit ons plig om ons belanghebbers, spesifiek die ministerie van staatsondernemings en die ministerie van werke en vervoer, te nader in verband met sake wat die onderneming betrek.

“Dis ’n kommer dat inligting wat as vertroulik beskerm word, voortydig sonder konteks en behoorlike proses uitgelap is,” sê sy.

Sy sê TransNamib is verplig om binne die raamwerk van Namibiese wetgewing op te tree en moet dus volgens die arbeidswet ook eers met die betrokke vakbond, die Namibiese Vervoer- en Verwante Werkersunie (Natau), konsulteer. “Dis van die grootste belang dat ons dus al ons belanghebbers gedurende die proses tydig benader,” sê sy en voeg by dat alle vereiste prosedures gevolg word.

Raubenheimer kon nie bevestig dat 154 van die werkers geteiken vir afdanking naby aan aftrede is nie, of dat die oorblywende 186 geteikende werknemers vir sake-eenhede werk wat nie as van kernbelang vir die spoorwegbesigheid beskou word nie. Sulke eenhede aan die buiterand sluit in padvervoeroperasies, voertuigonderhoud, dienslewering en treinstasie-eenhede.

“Die meeste van hierdie werknemers word dus nou deur die maatskappy gedra in oorbodige poste en kan beskou word as oorbodig tot die vereistes van die kernbesigheid, naamlik treinbedrywighede, eiendomme en ingenieurswese, tesame met ondersteunende dienste,” het Smith na bewering in sy brief na Jooste geskryf.

Smith skryf glo dat TransNamib probeer het om die geteikende werknemers te herontplooi, maar dat die onderneming gedurende die tydperk van die Covid-19-pandemie inkomste verloor het, wat sake bemoeilik het.

Na verwagting sal die afleggings TransNamib N$44 miljoen kos. Dit sal egter die staatsonderneming se koste met N$25 miljoen verlaag, het Smith glo gesê.

TransNamib se jongste finansiële uitslae toon dat ’n verlies van N$80 miljoen vir die boekjaar 2019 aangeteken is.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!