Werkskepping

11 February 2019 | Menings
Ons was die afgelope week by ’n werknemerstudie by ‘n vooraanstaande organisasie betrokke om die vlak van motivering te peil.

Werknemers kry dan die geleentheid om verskeie aspekte rakende die werksomgewing en leierskap anoniem te evalueer. Een van die vrae wat aan respondente gevra word, is: “Indien jy die hoofbestuurder van hierdie organisasie was, wat sou jy gedoen het om die regte klimaat vir motivering en produktiwiteit te skep?”

Die antwoorde op hierdie vraag verbaas my gewoonlik en bevestig opnuut die stem van gewone mense moenie onderskat word nie. Dit getuig van insig en herinner leierskap net weer daaraan dat oplossings vir die meeste uitdagings reeds bekend is aan mense op voetsoolvlak.

Die afgelope paar jaar is verskeie konferensies op nasionale vlak gehou om hedendaagse uitdagings te bespreek, maar daarná word weinig terugvoering gegee oor die implementering van idees wat hierdie forums gelewer het. Hierdie werklikheid word beklemtoon deur die verdieping van ons sosioëkonomiese uitdagings.

Gisteraand het ek in my studeerkamer hieroor nagedink en die hipotetiese vraag aan myself gestel: “Indien ek die president van hierdie land was, wat sou ek gedoen het om van ons grootste vraagstukke te pak?”

Die ingewikkelde vraag het my verbyster gelaat ná ek verskeie vloeidiagramme geteken het, wat later soos ‘n spinnerak gelyk het, want daar is verbande tussen die meeste sosioëkonomiese faktore.

Die Wêreldbank se Africa Competitive Report 2017 dui aan Afrika se bevolking groei vinniger as sy vermoë om werk te skep, en werkskepping behoort ‘n strategiese fokusarea van voorkeur vir alle Afrikalande te wees. Daar word beraam sowat 10 tot 12 miljoen jongmense betree jaarliks die werksmag in Afrika, maar slegs 3 miljoen werksgeleenthede word geskep.

Dit beteken die werkloosheidsprobleem is besig om oraloor die vasteland buitensporige afmetings aan te neem. Verstedeliking neem veelvoudig toe, want die meeste mense stroom na stede op soek na werk. Dit plaas druk op behuising, basiese dienste, gesondheid, stedelike beplanning, opvoeding en opleiding, infrastruktuur, veiligheid, sekuriteit en so meer.

Dit is ‘n mandjie van uitdagings met onderwys, wat as een van die grootste uitdagings beklemtoon word, wat ‘n direkte impak op werkskepping en die gehalte van die werksmag het.

In 2014 was daar 7,9 miljoen onderwysers in Afrika (4,7 m. laerskool- en 3,2 m. hoërskoolondersywers), maar 19,7 miljoen word teen 2030 benodig gegewe die bevolkingsaanwas en onderwyser-tot-leerling verhouding, wat op 1:25 vir hoërskool- en 1:40 vir laerskoolonderwys vasgestel is.

Daar word voorspel 9 miljoen onderwysers gaan die onderwys oor die volgende 15 jaar verlaat weens niemededingende vergoedingspakette en omstandighede waarin onderwysers moet werk.

Die grootste uitdaging is in hoërskoolonderwys in Afrika suid van die Sahara, waar slegs 2,2 miljoen hoërskoolonderwysers werksaam is, maar waar 11 miljoen teen 2030 benodig gaan word.

Dit is egter duidelik dat werkskepping ‘n sentrale tema in Namibië moet wees. Die kernfaktore wat hiermee verband hou, is gehalte en volhoubare onderwys en opleiding, die aantrekking van internasionale beleggers, stimulering van die ekonomie deur van plaaslike dienste en produkte gebruik te maak, en die vestiging van ‘n nasionale werksetiek wat kan kers vashou met mededingende kulture soos China.

Hierdie werksetiek moet gegrond wees op verantwoordbaarheid om selfonderhoudend te kan word.

Dit beteken verder ons leiers moet ook ‘n “Namibië eerste” beleidstandpunt inneem.

Geen kontrakte behoort aan buitelandse maatskappye gegee te word indien die kundigheid en produkte in ons eie land te vinde is nie.

Kan jy jouself indink hoeveel werk geskep kan word en ontwikkeling gedoen kan word indien die miljarddollar-kontrakte, wat tans aan Oosterse lande gegee word eerder aan Namibiërs toegeken word?

Soortgelyk

 

NSFAF sluit ooreenkoms met Bank Windhoek

1 dag gelede | Onderwys

Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) en Bank Windhoek het vandag ʼn ooreenkoms aangegaan vir ʼn nuwe stelsel waardeur geld aan kwalifiserende studente gestuur...

Chinees Dinsdag in hof ná werker se skietdood

1 dag gelede | Misdaad

Die man wat gister na bewering deur sy Chinese werknemer in die Andara-nedersetting doodgeskiet is, is as mnr. Andreas Hausiku (32) geïdentifiseer.Hausiku was ‘n inwoner...

Twintig jaar tronkstraf vir verkragter

1 dag gelede | Howe

‘n 34-jarige man van Otjiwarongo is gister 20 jaar tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van ‘n minderjarige. Die dogter was...

Taking charge

1 dag gelede | Mense

Mariselle Stofberg Anthea van Heerden decided to take a leap of faith to start her own company in Windhoek.She is the managing director and...

Moontlike deurbraak

1 dag gelede | Misdaad

Denver KistingDie man wat gisteroggend weens Maandag se bloedbad op Arandis aangekeer is, het glo vir etlike ure geweier om met die polisie saam te...

Só staan sake in die Namibiese huis

1 dag gelede | Regering

Denver KistingPres. Hage Geingob het gistermiddag gesê sy boodskap van “welvaart vir almal” moenie verkeerd verstaan word nie.Volgens hom was die bedoeling nooit om oordaad...

Kabajani blossoms at GIPF

1 dag gelede | Mense

Michelline Nawatises Annette Likeleli Kabajani is a holder of a bachelor’s degree from the University of Namibia (Unam). She has also attained several management and...

Baking a name for herself!

1 dag gelede | Mense

Ester Kamati At the age of 28, Alma Tangi Nakanduungileh is climbing the entrepreneurial ladder and adding sweetness to her clients’ lives. A qualified...

A passion to unlock potential

1 dag gelede | Mense

Ester KamatiJustina Mulokoshi is a chartered accountant (CA) at PwC who has big dreams and is constantly on the lookout for new ways to improve...