Werknemers wil hoofstad melk

Ondanks die finansiële afgrond waarvoor die Windhoekse stadsraad staan, dring werknemers op meer geld aan.
Denver Kisting
Denver Kisting



Werknemers van die Windhoekse stadsraad (CoW) wil binne 14 dae antwoorde van die raad hê oor hul eis vir 'n 15%-salarisverhoging.

Voltydse werknemers dring aan op dié verhoging – ongeveer vyf keer meer as die mees onlangse inflasiekoers van as 3,6%.

Hiernaas eis kontrakwerkers, wat tans sowat N$3 600 per maand verdien, amper dubbel soveel – N$7 000 per maand. As alternatief dring dié mense aan om permanent in diens geneem te word.

Ongeveer 300 mense, wat deel van die Namibiese Vakbond vir Staatsdienswerkers (Napwu) se bedingingsmag is, het gister oor die middaguur 'n petisie aan die adjunkburgemeester, me. Loide Kaiyamo, oorhandig.

Hierin dring hulle aan salaris- en loononderhandelinge wat vroeër glo skipbreuk gely het, moet onmiddellik hervat word.

Trouens, lui die drie bladsy lange klagskrif, dié onderhandelinge moet voor die einde van September vanjaar kant en klaar wees.

Boonop eis die werknemers om hul salarisverhogings terugwerkend van 1 Julie af te ontvang.

Die vakbond het gister gesê hulle verdien krediet vir die goeie betrekkinge wat hulle die “afgelope paar jaar” met CoW gehandhaaf het.

“Om ons punt te bewys: Daar was die afgelope klompie jare geen aangemelde stakings of betogings by CoW ondanks 'n aantal uitdagings nie.”

Salaris- en loononderhandelinge vir die finansiële tydperk 2019-'21 is nog uitstaande, sê hulle.

Daarnaas is sekere vastetermyn-kontrakwerknemers steeds nie permanent in diens geneem nie.

Gister se klagskrif lui die vakbond het op 7 Februarie vanjaar sy salarisvoorstelle aan die raad voorgelê.

Op 25 Maart moes die vakbond CoW se bestuur skriftelik aanmaan om te reageer.

Napwu sê die volgende dag het CoW teruggeskryf en gesê hulle wag op 'n mandaat van die raad voor datums vir onderhandelings bepaal kan word.

Teen 21 Mei het CoW die vakbond laat weet ander dringender sake benodig sy aandag.

Tydens die eerste week van Junie het die vakbond CoW se bestuur herinner die gebruik is om loongesprekke jaarliks in Mei af te handel.

Die vakbond het toe ook gesê hulle wil die salarisverhogings terugwerkend hê indien dit nie teen die einde van Junie betaal word nie.

Kaiyamo het gister gesê die raad onderneem om dié keer betyds te reageer.

Sowat 'n maand gelede het die vakbond 'n klag teen CoW by die kantoor van die arbeidskommissaris ingedien nadat dit aan die lig gekom het die bestuur het glo nooit by die raad om 'n mandaat aansoek gedoen nie.

Dié eise kom te midde van nuus dat CoW se verlies vir die boekjaar geëindig 30 Junie 2018 bykans N$1 miljard beloop het.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!