Werknemers sê hulle sal ’n robot as baas aanvaar
’n Nuwe studie het bevind dat mense so gewoond daaraan geraak het om, dikwels onbewustelik, die opdragte van rekenaars uit te voer, dat hulle selfs bereid sal wees om ’n robot as baas in die werkplek te hê.
Rekenaars beheer reeds, dikwels sonder dat ons daarvan bewus is, ’n groot deel van ons daaglikse lewe. Algoritmes maak seker gemorspos beland nie in ons inmandjies nie, dit raai van watter televisiereekse op Netflix ons sal hou en dit kan deesdae selfs ons motors vir ons bestuur.
Future Workplace, ’n navorsingsfirma wat uitdagings in die werkplek ondersoek, het meer as ’n duisend werknemers in verskillende sektore en organisasies se mening gevra oor die toekoms van robotika in die werkplek.
Daarvolgens het 93% van die respondente gesê dat hulle ’n robot sal vertrou om as hul baas in die werkplek op te tree en dat hulle sonder twyfel sy (of haar?) opdragte sal uitvoer.
Hierdie gedagte is nie so vergesog nie. Daar is reeds tegnologie ontwikkel wat maatskappye kan help met die aanstelling van nuwe werknemers. Al hoe meer ondernemings maak staat op robotte om die koring van die kaf te skei tussen al die werksaansoeke wat hulle ontvang.
Die robot skandeer die aansoeker se CV en soek na kandidate wat voldoen aan die vereiste vaardighede, karaktertrekke en motivering.
Future Workplace het egter bevind dat maatskappye te min belê in hul werknemers se voorbereiding vir die koms van kunsmatige intelligensie (KI).
Vanselfsprekend heers daar kommer dat robotte sommige poste oorbodig sal maak. Kenners meen egter ondernemings moet hul werknemers oplei om saam met robotte te werk, eerder as op hul eie.
“Die rol van menslikehulpbronne is besig om te verander as gevolg van digitale ontwrigting,” sê Anna Seely, ’n personeelwerwer by Mercer.
“In plaas daarvan om mense te vervang, gee KI ons toegang tot veel beter data om beter besluite te kan neem.” – Netwerk24/Bykomende bron: The Guardian

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie