Werkloosheidsyfer skiet op

Sowat 43,4% van die jeug was in 2016 werkloos.
Augetto Graig
Augetto Graig - Die amptelike werkloosheidsyfer in Namibië staan nou op 34%.

Dít blyk uit inligting wat Woensdagoggend deur die statistiek-generaal van Namibië, mnr. Alex Shimuafeni, bekend gemaak is.

Jeugwerkloosheid het opgeskiet van 39% in 2014, tot 43,4% in 2016, het hy gesê.

Dié syfers is ’n voorsmakie van hoe die syfers in die 2016-verslag, wat einde Junie vrygestel word, kan lyk.

Die amptelike werkloosheidsyfer is 6,1% hoër as 2014 s'n.

Op die platteland staan werkloosheid op 39,2% en in stedelike gebiede op 30,3%.

Die Kunenestreek is die ergste getref met 52,2% van hul arbeidsmag van 38 625 mense wat ledig rondsit.

Ander streke wat ook swaar gebuk gaan onder werkloosheid is die Zambezistreek met 48% en die Ohangwenastreek met 45,4%.

In die Omusatistreek is net meer as 40% werkloos, en in die Erongostreek is die werkloosheidsyfer die laagste met ’n syfer van 21,9%. In die Khomasstreek is 28,4% van mense werkloos.

In Namibië is meer as een miljoen mense ouer as 15 en dus van werkende ouderdom.

Meer as die helfte van hulle is vroue van wie 38,3% werkloos is. Sowat 29, 8% Namibiese mans is werkloos.

Sowat 62,8% van vroue in die Kunenestreek is werkloos.

Die meeste vroue in Namibië werk in die Khomasstreek, waar amper 80 000 met winsgewende ondernemings besig is.

Die streek met die minste vroulike werkloosheid is die Oshanastreek met 28,7%.

LEDIGE JEUG WEK KOMMER

Die werkloosheidsyfer onder die jeug is egter kommerwekkend.

Sowat 43,4% jong Namibiërs tussen die ouderdomme van 15 en 34 is werkloos.

Dié syfer is 4,5% hoër as in 20140. Volgens die 2016-opname was 246 262 uit 566 999 jong Namibiërs ledig.

Jong Namibiese vroue word minder gereeld as mans aangestel en die nasionale werkloosheidsyfer onder jong vroue is 49,4%.

Volgens Shimuafeni is daar ’n direkte verband tussen ’n individu se opvoedingsvlak en die moontlikheid van werkloosheid.

Hy sê 29,4% van mense sonder sekondêre kwalifikasies is werkloos, terwyl werkloosheid op 34,1% staan vir mense sonder junior sekondêre kwalifikasies.

Slegs 6,9% van mense met universiteitsgrade sit sonder werk, en 1,6% van gekwalifiseerde onderwysers is ook werkloos.

Shimuafeni glo die grootste rede vir die toename in werkloosheid is die onlangse droogte wat veral die landbou-, bosbou- en visvangbedryf geraak het.

In 2014 was 29,2% van Namibië se werkers by dié ekonomiese sektore betrokke - sowat 206 722 mense.

In 2016 was dit net 20,1%, of 135 832 werkers.

Dié syfers lei ook na insigte oor die land se inkomstevlakke.

Dit toon dat die gemiddelde maandelikse inkomste in 2016 sowat N$6 759 was - N$133 meer as in 2014.

Mans se gemiddelde inkomste is N$6 850 per maand, terwyl vroue gemiddeld effens minder verdien teen N$6 642.

“Die hoogste gemiddelde vergoeding is N$19 907 per maand. Dit word verdien deur mense in professionele en tegniese beroepe, terwyl die laagste N$1 334 per maand is - meestal waar huishoudings werkgewers is,” het Shimuafeni gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.49/OZ UP +0.70% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.78% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.87/BBP UP +0.99% | Platinum US$ 914.94/OZ UP +1.42% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.49/OZ UP +0.70% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.78% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.87/BBP UP +0.99% | Platinum US$ 914.94/OZ UP +1.42%