Werkloosheid: SA stel verskriklike rekord op

Grootste slagting in boubedryf

16 May 2019 | Ekonomie
Hanlie Stadler – Die Suid-Afrikaanse ekonomie het die jaar op ’n baie bitter noot begin met werkloosheid wat tot 27,6% opgeskiet het. Dit was in die vierde kwartaal van 2018 27,1%.

Uitgebreide werkloosheid het tot die hoogste vlak tot nog toe, 38%, opgeskiet. Dit was voorheen 37%, wat ook reeds ’n rekord was.

Die syfers kom uit Statistieke Suid-Afrika se kwartaallikse indiensnemingsopname (QLFS) vir die eerste kwartaal van 2019, wat Dinsdagoggend uitgereik is. Sien grafika.

Die aantal mense met werk was in die eerste kwartaal minder as ’n jaar gelede. Dit het met 86 000 mense, oftewel 0,5%, tot minder as 16,3 miljoen mense gedaal.

Daarteenoor het die getal werkloses met 3,7% tot 6,3 miljoen mense gestyg en die getal ontmoedigde werksoekers met 7,5% tot byna 3 miljoen.

Dit beteken byna 9,2 miljoen Suid-Afrikaners van werkende ouderdom (15-64 jaar) is nie op skool nie, studeer nie verder nie en is nie vrywilliglik sonder werk (soos tuisteskeppers of mense wat vroeg afgetree het) nie.

Die aantal werkloses het byna dubbeld so vinnig gestyg as die groei van die getal mense van werkende ouderdom, wat met 1,6% tot nagenoeg 38,3 miljoen mense gestyg het.

Die syfers bevestig bes moontlik ekonome se vermoede dat ekonomiese groei in die eerste kwartaal negatief was, maar groeisyfers word eers in Junie uitgereik.

In watter bedrywe word werk geskep of vernietig?

Vier uit die tien bedrywe wat SSA meet, het minder werknemers as ’n jaar gelede.

· Die bedryf wat in getalle die meeste werknemers verloor het, is gemeenskapsdienste, wat die staatsdiens en verskeie staatsinstellings insluit. Dié bedryf het byna 211 000 minder oftewel 6,4% mense minder in diens as ’n jaar gelede.

· Konstruksie het persentasiegewys die grootste slagting, van 6,4%, beleef. Dit verteenwoordig 92 000 minder mense wat in die sektor werk as ’n jaar gelede.

· Vervaardiging (-3,7% of -69 000 mense) en landbou (-1,1% of -9 000 mense) is die ander bedrywe met minder werknemers.

· Vervoer en logistiek het die grootste persentasie nuwe werknemers, ’n styging van 6,7% oftewel 64 000 mense meer as ’n jaar gelede.

· Finansiële en sakedienste het die grootste getal mense aangestel, 114 000 oftewel 4,7%.

· Dalk verrassend gegewe die druk op verbruikers is dat 26 000 oftewel 2% meer mense as ’n jaar gelede in private huishoudings aangestel is, dus onder meer as huishulpe, tuinwerkers en kinderoppassers.

· Handel het 2,1% oftewel 69 000 meer werknemers. – Netwerk24

Soortgelyk

 

Padgebruik al duurder

1 uur gelede | Vervoer

Die Padfondsadministrasie (RFA) het ’n 4,3%-verhoging op padgebruik aangekondig, wat van 1 Mei af geld. Dit beteken tariewe by grensposte verhoog, asook tariewe op voertuie...

Padgebruik al duurder

1 uur gelede | Vervoer

Die Padfondsadministrasie (RFA) het ’n 4,3%-verhoging op padgebruik aangekondig, wat van 1 Mei af geld. Dit beteken tariewe by grensposte verhoog, asook tariewe op voertuie...

Gesondheid: Advertensie vals

2 ure gelede | Gesondheid

Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) sê 'n inligting wat op sosiale media sirkuleer oor opleidingsgeleenthede by die ministerie is vals. Die vals...

'n Seder val in Swapo

12 ure gelede | Mense

Ronelle Rademeyer - Huldeblyke stroom sedert vroeg gisteroggend in die sosiale media in nadat dit bekend geword het Namibië se voormalige vise­president (2015 – 2018)...

Duitsland gee ou kruis terug

12 ure gelede | Plaaslik

Ronelle Rademeyer - Een van die belangrikste artefakte uit die glorieryke ontdekkersera van die Portugese seevaarders sal in Augustus deur die Duitse museum vir geskiedenis...

Weer vir 20 Mei 2019

12 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Koue en winderige toestande word in die Suide verwag. Die nodige voor­sorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm in...

Namport dank 86 werkers af

12 ure gelede | Plaaslik

Die Namibiese haweowerheid, Namport, het Vrydag aangekondig 86 werkers by die vraghouerterminaal by die Walvisbaaise hawe wat in Augustus aan 'n onwettige staking deelgeneem het,...

Speaker dring aan jeug moet by kiesproses betrek word

12 ure gelede | Politiek

Denver Kisting - Die speaker van die Nasio­nale Vergadering (NV), prof. Peter Katjavivi, sê die jeug moet by die verkiesings­proses betrek word.Die uitvoerende hoof van...

'Sam Nujoma is 'n ikoon'

12 ure gelede | Regering

Stigterspresident Sam Nujoma se 90ste verjaardagvieringe is Saterdag op Etunda in die Omusatistreek gevier en deur verskeie hooggeplaastes bygewoon. President Hage Geingob het Nujoma as...