• Tuisblad
  • Arbeid
  • Werkersunie eis plaaslike eienaarskap, werksgeleenthede
Werkersunie eis plaaslike eienaarskap, werksgeleenthede
Werkersunie eis plaaslike eienaarskap, werksgeleenthede

Werkersunie eis plaaslike eienaarskap, werksgeleenthede

'Werkers moet gekonsul­teer word, want hulle dryf die ekonomie.'
Catherine Sasman
Catherine Sasman - Die Nasionale Unie van Namibiese Werkers (NUNW) het die regering weer eens gevra om namens landsburgers aan te dring op 50% aandeelhouding in alle myne.

Die sekretaris-generaal van die NUNW, mnr. Job Muniaro, het op 2 Februarie by 'n nuuskonferensie gesê die land het genoeg minerale om 'n industriële land te word wat werk vir sy eie mense kan skep.

Hy het gesê die uitvoer van grondstowwe sonder waardetoevoeging beteken werk word elders geskep.

Die unie het ook sy kommer oor die dreigende aflegging van honderde werkers by Skorpion Zinc, Langerheinrich en Lewcor, uitgespreek.

“Ons laat hierdie maatskappye toe om kapitaal na die buiteland te skuif sonder enige verhoogde binnelandse beleggings, waardetoevoeging of werkskepping.

“Namibiese werkers sal nooit toelaat dat ons onafhanklikheid en swaarverdiende vryheid deur buitelanders gefinansier word sodat ons ekonomiese ontwikkeling oorheers word nie,” het Muniaro gesê.

Die NUNW het 'n beroep op Skorpion Zinc gedoen om nie buitelandse maatskappye aan te stel nie en het voorgestel dat plaaslike oplossings eerder gevind moet word.

Skorpion Zinc het onlangs gesê dat hulle het die Suid-Afrikaans-gebaseerde Basil Read gekontrakteer om sy mynaktiwiteite oor te neem.

Die NUNW sê egter Basil Read “moet gaan”.

“Ons gaan nie langer aan enige maatskappy uitverkoop word nie, want Namibiese werkers is nie te koop nie. Ons het betroubare en geloofwaardige Namibiese maatskappye wat die werk beter kan doen,” het Muniaro gesê.

Die NUNW sê Skorpion Zinc is gewaarsku om nie voort te gaan om buitelandse maatskappye te huur nie en sê Basil Read “sal eendag spyt wees” aangesien die werkers nie sy betrokkenheid op die myn sal duld nie.

“Werksverliese in die mynbousektor is 'n ernstige krisis. Dit is 'n slegte begin vir 2017,” het Muniaro gesê.

Die vakbond het voortaan ook kommer oor werksverliese in die boubedryf uitgespreek en sê hy staan gereed om met die regering die situasie te probeer oplos. Hy wil egter op alle vlakke van besluitneming geken word.

Die NUNW sê omdat werkers die ekonomie dryf moet die regering met hulle konsulteer om demokratiese beheer van produksiemiddele en gelyke verdeling van die land se rykdom te verseker.

Die federasie het homself ook ten sterkste teen potensiële mariene fosfaatontginning in die Namibiese see uitgespreek.

“Namibiese werkers staan gereed om teen mariene fosfaatontginning te veg al beteken dit ons kan ons lewens verloor,” het Muniaro gewaarsku.

Die unie het ook gesê die regering se groenskemas moet ondersteun word en sê die land moet 'n omvattende landbouprogram ontwikkel wat aktiewe deelname vir álle Namibiërs sal beteken.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!