Werkers knap Greiters op

Haufiku besoek 35 in kwarantyn

24 March 2020 | Gesondheid
Ronelle Rademeyer – Die eienares van Greiters-konferensie- en -rehabilitasiesentrum by Brakwater, waar die 35 terugkerende Namibiërs tans in kwarantyn is, sê sy buig agteroor om hul verblyf so gerieflik moontlik te maak.

Me. Cynthia Martin-Haihambo, wat Hebhiziba Holdings besit aan wie dié lodge behoort, sê sy is Vrydag eers van hul koms ingelig en het “tot vieruur die oggend gewerk om die plek skoon te maak”.

Die KLM-vlug uit Amsterdam het Saterdag omstreeks 10:00 geland.

Van die mense in kwarantyn het sedert hul aankoms in plasings in die sosiale media gekla oor die onhigiëniese en vuil toestande by die lodge. Van hulle was ook ontevrede met die kos wat aan hulle voorgesit word.

Martin-Haihambo het gister in ’n lang telefoniese onderhoud gesê sy het tans ’n span werkers daar wat die nodige opknappings- en instandhoudingswerk doen, maar ontken die lodge is nie in ’n leefbare toestand nie.

Op ’n vraag of die span werkers se teenwoordigheid daar nie ’n gesondheidsrisiko is nie, aangesien hulle saans na hul huise terugkeer, het sy gesê hulle dra maskers, handskoene en beskermende klere.

Volgens haar is van die foto’s oor die toestande by die lodge wat op Facebook en Instagram verskyn het, geneem van ’n ander gebou en nie dié deel waar die groep gehuisves word nie.

“Hier is ’n gim, stoomkamer, sauna en biblioteek vir die mense. Van die jongmense het reeds begin om in die biblioteek te studeer.”

Sy sê hoewel die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste die groep van etes voorsien, het sy uit haar eie ander spyseniering gereël.

“As jy salm gewoond is, sal jy nie boerewors en spaghetti eet nie,” is haar verduideliking oor die ongelukkigheid.

“Die mense is gefrustreerd omdat hulle in kwarantyn is. Hulle gebruik alles wat hulle kan teen ons.”



Martin-Haihambo ontken dat die lodge die laaste tyd nie operasioneel was nie.

Oor ’n faktuur vir die aankoop van 200 stelle linne, duvets, kussings en handdoeke ter waarde van N$626 515,40, sê sy dit is gedoen omdat sy graag vir die groep splinternuwe beddegoed en handdoeke wou gee.

Die aankope is deur Global Mandate Consulting Namibia gedoen, met die besturende vennoot me. Marcelina !Gaoses wat op die faktuur as die kontakpersoon aangedui word.

!Gaoses, ’n bekende in sakekringe, het aan Republikein gesê “sy help die regering as ’n korporatiewe burger”, en het gesê Martin-Haihambo moet oor die transaksie gekontak word.

Intussen het mnr. Hassan Engelbrecht van Williams Legal Practitioners kort voor druktyd gister ’n verklaring namens Martin-Haihambo uitgereik waarin “die media en/of enige individu wie se voorneme dit is om die goeie naam en reputasie van sy kliënt sonder grondige bewyse aan te tas” teen regstappe gewaarsku word.

Engelbrecht voer aan klagtes in die sosiale media “deur ’n paar” van die terugkerende Namibiërs en lede van die media “is vir die grootste deel oordrewe, ongelukkig en heeltemal onwaar, gegewe die krisis waarin ons verkeer”.

Dr. Bernhard Haufiku, die nasionale Covid-19-koördineerder en voormalige minister van gesondheid en maatskaplike dienste, sou laat gister ’n besoek aan Greiters gebring het om na klagtes te luister en kommunikasie tussen die groep en die ministerie te bevorder.

[email protected]

Soortgelyk

 

B-dag: Maak of breek

1 uur gelede | Regering

Jo-Maré Duddy – Dolleë staatskoffers eerder as hemelhoë besteding is waarskynlik finansminister Iipumbu Shiimi se grootste uitdaging wanneer hy vanmiddag Namibië se moeilikste begroting sedert...

Stigma jeens lorriedrywers kwel

1 uur gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer en Francoise Steynberg – Lorriedrywers wat Namibië van noodsaaklike lewensmiddele voorsien en seker maak produkte bly op winkelrakke, bevind hulle terselfdertyd aan die...

‘Hongerpandemie’ lê vir wêreld op loer

1 uur gelede | Byvoegsels

Ronelle RademeyerDie wêreld se ekonome en beleidmakers twyfel nie meer daaraan dat die wêreldekonomie weens die Covid-19-krisis in ’n resessie gedompel gaan word nie. Trouens,...

Weer vir 27 Mei 2020

1 uur gelede | Weer

BINNELAND: Koud aanvanklik, maar andersins gedeeltelik bewolk en matig in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en matig tot warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

Polisie lê beslag op sestig bokse vol drank

1 uur gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – Die Namibiese polisie het Maandag knap ná middernag in Pionierspark op 60 bokse drank beslag gelê.Drie verdagtes is in hegtenis geneem, het...

Chaos toe jonges op vulstasie afpyl

1 uur gelede | Ongelukke

Drie jong mans wie se name in dié stadium onbekend is, het op 23 Mei om 01:00 'n ongeluk by die Total-vulstasie in Outjo veroorsaak...

Stappe by Covid-drywer se stoppe

1 uur gelede | Gesondheid

Leandrea Louw en Denver Kisting – 'n Handelsbank op Walvisbaai wat 'n Covid-19-geval onlangs besoek het, sê hulle het die personeel van daardie dag vervang...

Etosha Sondagmiddag deur aardbewing geskud

1 uur gelede | Ongelukke

Ronelle Rademeyer - ’n Aardbewing van 4,7 op die Richterskaal het Sondag om 16:42 in die Etosha nasionale park voorgekom.Me. Gloria Simubali, adjunk uitvoerende direkteur...

Medelye stroom in vir man wat aan Covid-19 sterf

1 uur gelede | Gesondheid

Ronelle Rademeyer – Medelye stroom glo in vir die familie van die Namibiër wat Saterdag in Nottingham, ­Engeland, aan die coronavirussiekte (Covid-19) dood is.Die minister...