Werk vir taal en gemeenskap beloon

02 August 2019 | Kuns en vermaak
Namibië se Bank Windhoek ATKV-toekennings vir 2019 is op 19 Julie by ‘n glansdinee in Windhoek aan die wenners oorhandig.

Die bekende TV-persoonlikheid Riaan Cruywagen het as seremoniemeester gaste van meet af aan met sy beheer oor humor en erns vermaak. Hy het gesê Afrikaans suig in ons land nie aan ‘n politieke agterspeen nie en is “vriendelik, sprankelend, innemend, vol groeikrag en toeganklik vir elkeen.”

Verskeie persone is met die toptoekennings vereer vir hul betekenisvolle impak in Namibië en selfs buite die landsgrense.

Mev. Joey Dreyer het ‘n oorkonde ontvang vir haar uitmuntende werk in die onderwys en gemeenskap. Sy het in 1961 haar onderwysloopbaan by WHS begin en was onder meer die eerste vrou wat as ‘n adjunk-hoof aangestel is.

‘n Oorkonde is ook toegeken aan Estelle de Bruyn vir haar loopbaan van 38 jaar in die joernalistiek. Sy is ‘n oudredakteur en joernalis van Republikein en het onder meer ook by die Vaderlander, SAUK en SWAUK gewerk.

Ander wenners van oorkondes was ds. Dirk Louw van Moedergemeente, Frank Slabbert as sportambassadeur en Venancius Rukero as kultuurambassadeur. Rukero is vereer vir sy werk met straatkinders en die bevordering van dans as sport.

Die voorsitter van die ATKV in Windhoek, Leoni van Rensburg, het ‘n spesiale klop op die skouer ontvang.

Die ATKV in Suid-Afrika is deur besturende direkteur Sonél Brits en beskermheer Marco van den Berg verteenwoordig en Bank Windhoek deur Bronwyn Moody. Ander borge wat erkenning ontvang het, is Republikein, Hartklop FM, Caterserve, Waltons en Coca-Cola, Safari Hotel, Gondwana en Jaylo Produksies.

Kyk na meer foto’s by die aanlynartikel.

Ander toekennings was as volg:

VEERTJIES

Genomineerdes

P.M. van Coller – Kosmos 94.1, anker (15 jaar)

Malan Kruger – 35 jaar se bydraes tot onderwys en kultuur

Henriëtte van Wyk – 30 jaar in die onderwys

Ingeskrewe werke

Dihanna Taute – Skadujagter en Die legendariese Lua Verwey – Wilder as die Wildtuin

Corina Becker – Die Storme woed en … Sela

Emmie Bedeker – Kortskrywes

Yolanda Nel – onderhoude

Sanet Lambrechts - musiek en lirieke, Dorsland

PLUIMPIES

Genomineerdes

Marcel Theron – Kosmos 94.1, “Afrikaanse Top 10” (5 jaar)

Jaco Vermeulen – Kosmos 94.1, nuusleser (5 jaar)

Luton Koorts – Kosmos 94.1, verkeersnuus (5 jaar)

Joretha Walbaum – Kosmos 94.1, sub-anker (10 jaar)

J.P. Nel – Kosmos 94.1, produksie en vervaardiging van advertensies (10 jaar)

Dierebeskermingsvereniging – gemeenskapswerk

Die Helpende Hande, Gert en Koekoes Aggenbach – gemeenskapswerk

Ingeskrewe werke

Emmie Bedeker - Vier Gedigte

Yolanda Nel – rubrieke

Zirk van den Berg – Die Vertes In

Deirdre Kruger - Baie Klein & Bietjie Groot en ‘n Baber en ‘n hoek

Abie van Wyk – Hentiesbaai van toeka tot nou

Clarice Gille-Theys – Lof vir Rehoboth – Waar my hart is

DONSIES

Genomineerdes

Jean-Louis Knouwds – anker op Kosmos 94.1

Ingeskrewe werke

Marcha Vorster - Spore vol woorde en Haikoes

Henriëtte van Wyk - ‘n Bruin blaar tuimel

Deirdre Kruger - Rymgoed vir Kleingoed

Marlene Erasmus - Wandelpad

Marsofine Krynauw - Gedigte

Hannes du Plessis - Kontreiklets

Martha Poller - HAGAR: Die voltooide sirkel

Ria Kotze (Meraai) vir uittreksel uit Dagboek van ‘n straatkat

Elzeth Harmse – rubrieke

DEELNAME-SERTIFIKATE

Genomineerdes

Wenners van Idiomestryd: Gobabis Gimnasium, W.P. Oosthuizen, Karlien Visser

Ingeskrewe werke

Ria Kotze - Gedigte

Marsofine Krynauw - Uit die kloue van ‘n Kroonprins en Skedeleiland

Soortgelyk

 

Verklaar raad nietig, sê Itula

13 ure gelede | Politiek

Henriette Lamprecht - Dr. Panduleni Itula, tandarts van beroep en onafhanklike presidentskandidaat in die pas afgelope verkiesings, wil hê die aanstelling van nuwe lede van...

Makalani’s se voete in die water

13 ure gelede | In beeld

Die Namibiese weerkantoor het gister wéér ’n weerwaak vir wydverspreide donderstorms uitgereik, wat na verwagting in die Ohangwena-, Otjozondjupa-, Khomas- en Omahekestreek sal voorkom. Daar...

Opposisie, Itula gaan hof toe oor verkiesings

13 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Die amptelike opposisie, die Popular Democratic Movement (PDM), het gister by monde van sy leier, mnr. McHenry Venaani, gesê hulle gaan ook...

Noa kap na ‘leunstoel-kritici’

13 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer - Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) se uitvoerende direkteur, mnr. Paulus Noa, het teruggekap na wat hy “leunstoel-kritici” noem en sê pleks dat hulle dié...

STEMFEITE: OSHANA

13 ure gelede | Politiek

Die infografiek lig Ondangwa se verkiesingsuitslae uit. In 2014 het Swapo 86% van alle stemme in die kiesafdeling gewen.

Weer vir 5 Desember 2019

13 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Donderstorms van 50 mm en meer oor 24 uur kan kitsvloede in Ohangwena, Otjozondjupa, Khomas en Omaheke veroorsaak.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm...

PDM steek skadukabinet aan die werk

13 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Mnr. McHenry Venaani, leier van die amptelike opposisie, die Popular Democratic Movement (PDM), het gister die party se skadukabinet aangekondig.Volgens hom gaan...

Vervoerpionier se roudiens Saterdag

13 ure gelede | Mense

Francoise Steynberg - Die roudiens van ’n pionier en legende in die Namibiese vervoer- en toerismebedryf, wyle mnr. Willie du Toit (68), vind Saterdag om...

Bank Windhoek sorg vir top- kusvermaak

13 ure gelede | Gebeure

Bank Windhoek is die gasheer van die jaarlikse Summer ­Festival tydens die vakansieseisoen aan die kus. Die fees skop môre af en duur tot 21...