Werk stop op Windhoek-Okahandja-pad
Catherine Sasman - Teenstrydige antwoorde is gegee of die werk op die tweede fase (oftewel seksie 4A) van die dubbelpad tussen Windhoek en Okahandja opgeskort is, al dan nie.
Volgens bronne op die grond het alle subkontrakteurs wat op die N$1,085 miljard projek werk, alle aktiwiteite sedert verlede Vrydag teen 17:00 gestop oor nie-betalings deur die Padowerheid (RA).
Sommige van die ongeveer agt sub-kontrakteurs wat verkies het om anoniem te bly uit vrees vir vergelding het bevestig dat hulle nie met die werk aangegaan het nie.
‘n Vinnige besoek aan die werkperseel het ook gewys hoe werkers ledig rondgestaan het.
Van die kontrakteurs het reeds verlede Maandag begin werk maar volgens gerugte is ‘n dringende vergadering Vrydag gehou waar besluit is dat werk opgeskort sou word tot tyd en wyl die RA kontrakteurs voluit betaal het.
Volgens die gerugte kan die werk opskorting selfs tot in Maart voortduur.
Die hoof uitvoerende beampte van die RA, mnr. Conrad Lutombi, het egter enige van die gerugte van ‘n werk oponthoud ontken.
Lees die volledige berig in môre se Republikein.
Foto Yanna Smith

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie