Wenvangs sal pot toe moet gaan

31 December 2004 | Politiek en nasionale nuus
HY vang al sedert hy visstok kon vashou, maar dit was die eerste keer dat hy so iets aan sy hoek gekry het, sê Willie Derks, die Walvisbaaier wat Maandag die Bonanza op Hentiesbaai gewen het.
Willie se steenbras van 18,905 kg het aan hom die prys van N$35 000 deur Tafel Lager vir die grootste eetbare vis besorg. Dit was ook die eerste keer in jare dat steenbras kabeljou as wenner van die Bonanza van die Penguin-hengelklub uitgeskakel het.
Willie, nou man van 30, skat hy was maar so vyf jaar oud toe hy die eerste keer visstok opgeneem en gaan ingooi het. Hy is nie geregistreerde lid van hengelklub nie, maar bekende langs die viswaters en broer van die ou bekende Casper Derks, staatmaker van die legendariese rugbyspan van Suidwes-Afrika van weleer.
Volgens Willie het hy week voor die Bonanza ook by Jakkalsputz gaan ingooi. Hy het die water toe goed deurgekyk en met Maandag se Bonanza besluit om net suid van Jakkalsputz te gaan ingooi. Hy het die sandbanke verkies terwyl dit hom opgeval het dat ander hengelaars op die dieper sloepe gekonsentreer het.
Hy het sy nommer 4-hoek met mengsel van witmossel en tjokka gelaai en omstreeks agtuur Maandagoggend het die ou grote die aas gevat.
Omstreeks 08:15 het die wensteenbras op die sand gelê.
Willie sê dit was die eerste keer dat hy so groot prys in hengelkompetisie gewen het. Sy plan is om sy wenvis vir die pot te vlek.
Volgens Willie het hy spesifiek steenbras geteiken toe hy Bonanza-kaartjie gekoop het.

Soortgelyk

 

Hardap-sluise nóg groter getrek

19 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Die Hardapdam se sluise is om 10:30 nóg groter oopgetrek sodat dit nou 300 m³ water per sekonde uitlaat – ‘n aanpassing...

La Niña skop dalk nóú in

19 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Terwyl die weerkantoor ‘n weerwaak vir vandag vir wydverspreide donderbuie oor die westelike helfte van die binneland uitgereik het, meen ‘n weerkenner...

Selfdegeslaghuwelike ly neerlaag … vir nou

19 ure gelede | Howe

Jana-Mari Smith – Drie hoërhofregters het hulle gister sterk ten gunste van die wetlike erkenning van selfdegeslaghuwelike in Namibië uitgespreek, maar het nietemin die aansoeke...

Elisenheimrivier sleep motors weg

19 ure gelede | Weer

Augetto Graig – Die Elisenheimrivier het Woensdagaand motorvoertuie saamgesleep toe dit verby die Farmers Kitchen restaurant by Gastefarm Elisenheim oorstroom het. Me. Rentia van der...

Hardap loop gou vol

19 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Die Hardapdam sou na verwagting laat gisteraand 70% van sy kapasiteit bereik, wat beteken dié suidedam se sluise sou oopgetrek moes word....

kykNET se ‘Wat Dit Vat’: Hier’s die kunstenaars

19 ure gelede | Byvoegsels

Dit was pret, dit was plesier en dit was ’n malligheid op note. Toe die briljante musikant en musiekvervaardiger Loki Rothman gesê het hy gaan...

Fees van klassieke musiek ten bate van kanker

19 ure gelede | Byvoegsels

Een van die mees begaafde pianiste in Namibië, Johann van der Merwe, bied môre (22 Januarie) 'n uitvoering aan om geld in te samel om...

Working with high standards of technology

19 ure gelede | Mense

Wetumwene Shikage Not expecting to find a smooth and easy way of work, Romario Arnat describes his working experience as an eye-opener as to how...

Taking steady growing curves

19 ure gelede | Mense

Wetumwene Shikage Timothy Olivier’s passion and dedication has been a key driver in his success not only within Old Mutual, but throughout his...