Wenners van Bank Windhoek se 30x30-kunskompetisie
Die wenners in Bank Windhoek en die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) se 30x30-kunskompetisie is op Vrydag 16 Oktober by die NAGN aangekondig. Dié kompetisie het ten doel gehad om nuwe talent in Namibië te ontdek en amateurkunstenaars moes hul kreatiewe idees in enige medium op ’n 30 cm by 30 cm-doek uitbeeld. Hier is die kunswerke van die toptien kunstenaars in die kompetisie.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie