Wen 'n Tuiste-wenner glimlag hemelsbreed

Augetto Graig
Augetto Graig – CIC Namibia het gister die wenner van hul Wen 'n Tuiste-kompetisie aangekondig. Me. Eline Mukewa, 'n lugreëling- en verkoelingsambagsvrou, sê sy was verbaas om die oproep te ontvang.

“Julle weet dis nie maklik nie, maar ek het dit geglo omdat ek weet ek het aan die kompetisie deelgeneem,” sê sy van die oomblik toe sy besef sy het gewen.

Die vraghouer wat omskep is in 'n eenslaapkamertuiste, ter waarde van sowat N$110 000, is nou haar eiendom, nadat sy Viva-wasgoedseep en Satinskin-badskuim gekoop het.

“Ek het nog daardie dag die goedkoopste een gekies,” onthou sy.

Volgens mnr. Clinton de Klerk, CIC se bedryfsbestuurder, word die reeks kompetisies jaarliks aangebied en CIC gaan vanjaar voort met ­kompetisies op Valentynsdag en Moedersdag, met nóg twee kompetisies later in die jaar.

Me. Linea Sheya, 'n verpleegster in 'n intensiewesorgeenheid en die 2021 kompetisiereeks se ander groot wenner, was ook teenwoordig.

Sy het ook 'n Viva-seep gekoop en aan die kompetisie deelgeneem. Sy is nou die gelukkige eienaar van 'n splinternuwe volledige sonkragstelsel, insluitend sonpanele, bedrading en installasiekoste.

CIC is ook verteenwoordig deur me. Marlien Nell, bestuurder vir sleutelkliënte, en die B. Grundleger-agentskap deur mnr. Winmar Rust. Die Grundleger-agentskap se hoofhandelsmerk is Amka.

Amka is 'n verspreider van haar­sorgprodukte, parfuum, huishoudelike skoonmaak- en velsorgprodukte.

CIC Namibia diens ook die Indo Atlantic, Supra Sales, Pan Afrika en Brockmann & Kriess-agentskappe in Namibië wat 'n groot verskeidenheid verbruikersgoedere van talle bekende handelsmerke landswyd versprei.

[email protected]

FOTO’s
CIC Namibia se bedryfsbestuurder mnr. Clinton de Klerk gee vir wenner me. Eline Mukewa 'n Amka geskenk as aanduiding dat sy 'n vraghouer tuiste vir haar ondersteuning gewen het. Foto Augetto Graig
CIC Namibia se bedryfsbestuurder mnr. Clinton de Klerk en die grootrekeningsbestuurder me. Marlien Nell wens vir me. Linea Sheya geluk. Foto Augetto Graig

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!