Welwitschias wil teen Pumas sommer veel beter afsluit
Rugby
Andrew Poolman - 'n Welverdiende provinsiale debuut vir FNB Unam se binnesenter Camlo Martin is een van die min veranderinge aan die Windhoek Draught Welwitschias-groep wat môre sy finale wedstryd in die SuperSport uitdaagreeks speel.
Die Namibiese amateurspan se besoek aan die onoorwonne iCOLLEGE Pumas sal opnuut nie grappies wees nie – hoewel hulle vandeesweek heel moontlik beter voorbereid sal uitdraf as tydens laas naweek se chaotiese 89-10 debakel teen die Goue Leeus.
Twee uiters twyfelagtige geel kaarte vroeg in die wedstryd was die kersie op die koek in 'n wedstryd waarvoor afrigter Lyn Jones tot op die nippertjie laas week moes wag om te hoor watter nasionale spelers vir hom vrygestel is.
Die uiteinde was dat sy beginspan nie eens een keer saam kon oefen nie, terwyl die drietal wat van die oefenkamp op Stellenbosch moes invlieg, nouliks betyds vir die afskop in Johannesburg was.
Vandeesweek kon die Welwitschias darem op die oefenveld teenstand van die nasionale span kry en sal dus môre gewis wil wys dat hulle tot beter in staat is.
Camlo Martin, die enigste nuweling, is een van die onbesonge helde van sy klub se opmars na drie opeenvolgende titels in die Namibiese Rugby-unie se premierliga.
As sentermaat was Martin ook briljant in kombinasie met Lesley Klim, wat later 'n beroepskontrak in Engeland gekry het, en medespelers reken hy verdien lankal die kans om te wys of hy op 'n hoër vlak tuishoort – ondanks die sterk gesonde kompetisie tussen die nasionale driekwarte.
Die Welwitschias: 15 Mahco Prinsloo, 14 Russell van Wyk, 13 Janry du Toit, 12 Camlo Martin, 11 Nikin Cloete, 10 Justin Nel, 9 JC Winkler, 8 Thomasau Forbes (kapt), 7 Cameron Langenhoven, 6 Max Katjijeko, 5 Denzil van Wyk, 4 Mahepisa Tjeriko, 3 Hauta Veii, 2 Roderique Victor, 1 Hans Breedt.
Reserwes: Jason Benade, Herman Grobler, James Marx, Ngumee Nguaiko, Dirkie von Weidts, Gino Wilson, Tuna Amutenya.
PUMAS WISSEL AF
Drie jongelinge maak hul provinsiale debuut vir die Pumas in môre se wedstryd teen die Namibiese besoekers in Secunda.
Stut Morgan Naudé en slot Le Roux Roets kry hul eerste smaak van die SuperSport uitdaagreeks in 'n beginspan met altesame tien veranderinge.
Die kaptein en senter Hennie Skorbinski, agtsteman Willie Engelbrecht, losskakel Justin van Staden, vleuel Morné Joubert en die vlugvoetige heelagter Devon Williams is die enigste spelers wat behou is ná hul oorwinning teen die Goue Leeus twee naweke gelede.
Senter Wayno Visagie, wat toe 'n reserwe was, kry sy eerste kans in die Laevelders se beginspan, tesame met vleuel Boeta Vermaak se eerste geleentheid in die 11-trui.
Heelagter Barend Smit sal ook wag om vanaf die bank 'n impak te maak.
Geharde staatmakers soos Brian Shabangu, Hilton Lobberts, Simon Wesraadt en Reynier van Rooyen is ook teruggeroep om hul ondervinding te kom verleen.
Die iCOLLEGE Pumas: Devon Williams; Morné Joubert, Wayno Visagie, Hennie Skorbinski (kapt), Boeta Vermaak; Justin van Staden, Reynier van Rooyen; Willie Engelbrecht, Hilton Lobberts, Brian Shabangu, Cameron Lindsay, Le Roux Roets, Louis Albertse, Simon Westraadt, Morgan Naudé.
Reserwes: Marko Janse van Rensburg, De-Jay Terblanche, Hugo Kloppers, Stefan Willemse, Abri Griesel, Chris Smith, Barend Smit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie