Weldoeners les Uis se groot dors padlangs

Tenklorries ry water aan

11 January 2017 |
Des Erasmus - Weldoeners van Hentiesbaai en Windhoek het toegetree tot die stryd om inwoners van Uis se dors te les.

Duisende liter water word in tenk­lorries na die geteisterde gemeen­skap aangery.

Terselfdertyd is 'n kwotastelsel op Uis ingestel om elke druppel water te benut wat oor honderde kilometer na die dorp aangery word. Vir baie inwoners was dit gister uitkoms nadat van hulle langer as tien dae sonder 'n druppel water in hul huiskrane moes klaarkom. Van die weldoeners het nie net water gebring nie, maar ook onderneem om met NamWater te skakel om 'n probleem op te los wat nou reeds langer as 'n jaar voortsleep.

Die eerste tenkvragmotor met 20 000 liter water het gister van Hentiesbaai op Uis aangekom. Daar is dadelik begin om die water oor te pomp na die sewe tenks wat die afgelope weke die inwoners van water voorsien het. Die vragmotor met die watervrag was hulp wat deur die Lions van Hentiesbaai gelewer is, met van Hentiesbaai se grootste inkoopsentrums en motordiensstasies met deurnagwinkels wat ook honderde liters bottelwater geskenk het.



rantsoenering

Die tenkvragmotor van Hentiesbaai is deur mnre. Pieter Erasmus en Dawie Bronkhorst van die Lions in 'n ligte vragmotor ondersteun. Die bottelwater is op Uis by die Brandberg Ruskamp afgelaai waar rantsoenering onder toesig deur die eienaar, mnr. Basil Calitz, gedoen sal word. By die ruskamp is inwoners op een liter bottelwater per dag geregtig en daar moet vir die ontvangs van die water geteken word om toe te sien dat die lewensbron soveel huishoudings as moontlik bereik.

By die tenks sal inwoners van Uis ook tot 20 liter water per dag beperk word.

Op Uis is beweer dat 'n tweede vrag­motor met 20 000 liter water gisteraand uit Windhoek na Uis sou vertrek om op 'n soortgelyke wyse bystand aan die dorp te verleen. Bystand kan nie van Omaruru as naaste dorp verwag word nie met dié dorp wat soos Uis 'n ernstige waterkrisis deurleef.

Op Uis het Erasmus aan Republikein gesê nog soortgelyke bystand kan van Hentiesbaai verwag word, maar dit is nie 'n blywende oplossing vir die probleem nie. Daarvoor sal Nam­Water moet sorg.

Die grootmaattenks vir water het op Uis 'n insteling vir waterlewering geword nadat Nai-Nais in die Omarururivier as waterbron van die dorp ingegee het. Op die dorp word wel beweer dat op 'n nuwe waterbron in die Omarururivier verwant aan die Nai-Naisskema afgekom is, maar dat die verouderde verspreidingstelsel na Uis ingegee het. Die geringe waterlewering op Uis is in die voorafgaande weke deur die dorp se eie tenkvragmotor uit 'n bron by Achinab in die Ugabrivier volgehou. Ook dié tenk­vragmotor kon die diens as gevolg van meganiese defekte nie deurlopend volhou nie.

Die waternood het Uis se toerisme as ekonomise lewensaar 'n ­gevoelige slag toegedien. Op die gebied van toerisme is Uis 'n verversingstasie op die drumpel van die wondere van Damaraland en Kaokoland, maar op die dorp word restaurantdienste feitlik net op versoek volgehou wanneer groter groepe Uis op hul roetes aandoen.

Soortgelyk

 

Endjala se jammer nie goed genoeg – Geingob

22 ure gelede | Politiek

Pres. Hage Geingob het die goewerneur van die Omusatistreek, mnr. Erginus Endjala, opdrag gegee om “ondubbelsinnig en onvoorwaardelik” verskoning te vra vir die stamgerigte uitlatings...

Nuwe regulasies vir myn van sand, gruis

1 dag gelede | Plaaslik

Die Windhoekse munisipaliteit het tydens hul jongste stadsraadsvergadering hul nuwe beleid oor die myn van sand en gruis binne die uitgebreide grense van die hoofstad...

Namibië nié middelpunt vir mensehandel

1 dag gelede | Howe

Verskeie inisiatiewe wat fokus op mensehandel en vir die volgende drie jaar sal duur, is huidig in Namibië onderweg. Volgens die adjunk eerste minister van...

Vier sterf in grubotsing met vragmotor

1 dag gelede | Ongelukke

Vier persone is Vrydag omstreeks 01:00 in 'n kop-teen-kopbotsing 60 kilometer buitekant Otjiwarongo op die Otavi-pad dood. 'n Sedanvoertuig met vier insittendes het teen 'n...

Vang vis vir 'net' N$50

1 dag gelede | Omgewing

Estelle de BruynGoeie nuus vir hengelaars wat net af en toe die lyne gaan natmaak, is dat hulle nie 'n maandpermit van N$1 500 hoef...

Spoed op Westelike verbypad gebriek

1 dag gelede | Ongelukke

Tanja Bause - Motoriste wat van die Westelike verbypad in Windhoek gebruik maak, se maksimum spoed sal van Dinsdag 1 Augustus af 80 km/h wees....

Wiel van geregtigheid draai stadig vir Teko-trio

1 dag gelede | Howe

Jacqueline Louw Regter Christie Liebenberg, die nuutaangestelde regter in die verhoor van me. Teckla Lameck en mnre. Kongo Makaxwa en Yang Fan, het gister verhoordatums...

Weer, Vrydag 28 Julie 2017

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm tot baie warm. Winderige toestande sal oor die binneland heers.KUS: Gedeeltelik bewolk en matig in die noorde met miskolle in die...

Swartbooi bedank uit Swapo

1 dag gelede | Politiek

Catherine SasmanDie uitgeskopte Swapo-parlementslid, mnr. Bernadus Swartbooi, het op ‘n amper triomfantelike manier sy uittrede uit die regerende party aangekondig, maar het bespiegelinge dat hy...