Weggooibabas se skakel met verbod op aborsie

Volgens statistieke is 18 onwettige aborsies in 2018 by die polisie aangemeld, gevolg deur 29 in 2019, 17 in 2020 en sewe tussen Januarie en Augustus vanjaar.
Jana-Mari Smith
Jana-Mari Smith – Die Namibiese polisie (Nampol) het tussen die eerste agt maande van die jare 2018 tot 2021 altesaam 71 aangemelde onwettige aborsies en 124 gevalle van babas wat weggegooi is, ondersoek.

Net in 2020 het die polisie tussen Januarie en Augustus 50 aangemelde gevalle van weggooibabas ondersoek.

In dié maande van 2018 is 17 gevalle aangemeld van ma's wat hul pasgebore babas weggegooi het, gevolg deur 35 gedurende dieselfde tydperk in 2019 en 22 tot dusver vanjaar.

In 2018 is 18 onwettige aborsies by die polisie aangemeld, gevolg deur 29 in 2019, 17 in 2020 en sewe tussen Januarie en Augustus vanjaar.

Daarteenoor was die aantal wettige aborsies aansienlik laer.

In 2019 is vyf wettige aborsies in Namibië uitgevoer, ses in 2020 en sover twee vanjaar. Veilige en wettige aborsies word toegelaat wanneer 'n vrou bewyse van verkragting of bloedskande kan lewer, of dat die swangerskap lewensgevaarlik is.

Pro-keuse-kampvegters het egter al herhaaldelik gewaarsku dat vroue en meisies verskeie struikelblokke moet oorkom om hul sake te bewys en toestemming te kry vir 'n wettige aborsie.

Generaal-majoor Anne-Marie Nainda van Nampol het verduidelik om 'n slagoffer van verkragting of bloedskande te help om toegang tot 'n wettige aborsie te verkry, moet 'n saak aanhangig gemaak word, 'n mediese ondersoek gedoen word en twee mediese dokters moet die redes vir 'n wettige aborsie verifieer.

Daarna word 'n ondersoek van stapel gestuur, en uiteindelik word die saak deur 'n landdros aangehoor.

Me. Dianne Hubbard van die Regs­hulpsentrum (LAC) het gesê daar bestaan geen twyfel dat Namibië se hoë syfer van weggooibabas verband hou met die land se beperkende aborsiewet nie.

Dít, het sy benadruk, is reeds 11 jaar gelede deur die parlement erken.

Sy verwys na die verslag, Report on the Motion of Baby-Dumping in Namibia, van 2010 wat deur die Nasionale Vergadering (NV) se staande komitee vir menslike hulpbronne en gemeenskapsontwikkeling saamgestel is, wat destyds gesê het “die wet op aborsie moet heroorweeg word om te sien of die gronde vir wettige aborsie nie uitgebrei kon word nie”.



SKAKELS

Hubbard het Woensdag benadruk dat Namibië se huidige wet nie aborsies verhinder nie, en slegs toegang tot veilige en wettige aborsies vir vroue met min hulpbronne tot hul beskikking beperk.

“Vroue wat dit kan bekostig, kan nabehoedpille koop of na Suid-Afrika reis vir 'n veilige en wettige aborsie. Vroue sonder hulpbronne tot hul beskikking word gedwing om ongewenste swangerskappe voort te sit of onveilige aborsies te ondergaan.”

Hubbard het benadruk internasionale statistieke dui daarop dat meer aborsies plaasvind in lande met beperkende aborsiewette – waar 'n gebrek aan reproduktiewe keuses die gebruik van voorbehoedmiddels negatief beïnvloed.

Sy het voorts gesê “hoewel sommige van ons personeellede op morele of godsdienstige gronde teen aborsie gekant is, meen ons dié besluit is 'n kwessie van persoonlike gewete wat nie deur die wet vereis moet word in die afwesigheid van 'n konsensus wat op wetenskaplike gronde of op die kwessie van menseregte gebaseer is nie.”

Sy het gewaarsku “bloot godsdienstige sienings kan nie in 'n sekulêre staat deur die wet op die publiek afgedwing word nie”.



HERSIENING

Nainda het gesê hoewel die polisie nie 'n standpunt gaan inneem oor die kwessie van die wettiging van aborsie nie, is die toepassing van die aborsiewet moeilik – aangesien dit inherent 'n ingewikkelde misdaad is om te bespeur en te bewys en omdat dit verband hou met talle unieke en wydverspreide sosioëkonomiese en opvoedkundige uitdagings.

Sy het gesê Nampol stel voor enige wetshervorming moet verbeterde toegang tot gesinsbeplanning, voortgesette optrede teen geslagsgebaseerde geweld en geslagsongelykheid insluit, asook dat inligting verskaf moet word voordat 'n besluit oor aborsie geneem word.

Die LAC het saamgestem 'n geliberaliseerde wet op aborsie moet gekombineer word met omvattende pogings om ongewenste swangerskappe te verminder en seksuele en reproduktiewe gesondheidsopvoeding en -bewustheid te verbeter, benewens verbeterde toegang tot voorbehoedmiddels en inligting oor alternatiewe soos aanneming.

FOTO’s Jana-Mari Smith
Me. Dianne Hubbard van die Regshulpsentrum (LAC).

Generaal-majoor Anne-Marie Nainda tussen adj.komm. Tabitha Ngotipeni en adj.komm. Lavinia Zimmer.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.69 | EUR to NAD 20.33 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.97 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 18.98 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 326.23/OZ UP +0.43% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.59% | Zinc US$ 2 859.90/T UP 1.9% | Brent Crude Oil US$ 87.94/BBP DOWN -0.0006 | Platinum US$ 904.61/OZ UP +0.27% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.69 | EUR to NAD 20.33 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.97 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 18.98 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 326.23/OZ UP +0.43% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.59% | Zinc US$ 2 859.90/T UP 1.9% | Brent Crude Oil US$ 87.94/BBP DOWN -0.0006 | Platinum US$ 904.61/OZ UP +0.27%