Weg met Wambo, eis Hardap
Weg met Wambo, eis Hardap

Weg met Wambo, eis Hardap

Inwoners sê hulle kan nie ‘n leier vertrou wat met staatsbates omgaan nes hy wil nie.
Catherine Sasman
Catherine Sasman - Inwoners van regoor die Hardapstreek het gister in ‘n konvooi na Windhoek gery om ‘n klagskrif aan die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, me. Sophia Shaningwa, voor te lê waarin hulle eis dat die voorsitter van die streeksraad, mnr. Edward Wambo, dadelik uit sy amp verwyder word.

Hulle sê die situasie waarin Wambo die streek gedompel het, is “ondraaglik” en die inwoners gaan nie handdoek ingooi met hul eis dat die regering van hom ontslae raak nie.

In ‘n sterk bewoorde klagskrif voer hulle aan hulle is “gewalg” deur die Wambo se “onaangename leierskapvermoëns en sy duidelik gebrek aan bevoegdheid”.

Hulle beskuldig hom van onregmatige inmenging en “indiskrete beïnvloeding” van beide steeks- en plaaslike regeringsadministrasie. Die inwoners voer verder aan hy was die afgelope tien jaar voortdurend afwesig by die Rehoboth-Oos stedelike kiesafdeling en die laaste twee jaar ook by die streeksraad se kantoor.

“Raadslid Wambo is so te sê ‘n toeris in die kiesafdeling wat hy veronderstel is om te lei, ontwikkel en te verteenwoordig,” lei die klagskrif.

Sy inmenging in plaaslike en streeksadministrasie het na bewering gelei tot die skorsings en terugkering van verskeie stadsklerke op verskeie dorpe in die streek, onderwyl die kwessie oor die skorsing van die hoofstreeksbeampte, me. Yvonne Boois, ook al jare voortsleep. Intussen verdien sy steeds ‘n salaris.

Wambo kap terug

Intussen het Wambo gister gesê die aantygings teen hom is "net suur druiwe". Hy sê die betoging is beplan deur “onvergenoegde” individue en is gelei deur mnr. Stefanus Dax, voormalige Rehoboth-raadslid.

Volgens Wambo moet inwoners van Hardap wat nie in die Rehoboth-kiesafdeling woon nie, hul griewe aan die raadslede vir wie hulle gestem het, voorlê.

Deelnemers aan gister se betoging was van Mariental, Gibeon, Hoachanas en Rehoboth.

Hy word voorts in die klagskrif van ander “mislukte ontwikkelingsprojekte en politieke teëspoed” beskuldig, soos die N$15 miljoen toiletprojek in Rehoboth-Oos wat veronderstel was om die emmerstelsel te vervang. Inwoners voer in die klagskrif aan die toerusting is gesteel terwyl dit sedert 2007 teen hoë koste privaat gestoor is.

In dié kiesafdeling het ‘n behuisingsprojek wat na bewering in 2009 in aanvang geneem het, in duie gestort en die N$2,7 miljoen wat vir die rioleringstelsel by hierdie huise geoormerk was, het glo weggeraak.

Hoewel die rioleringstelsel nooit geïnstalleer is nie, word die huise verhuur aan werklose jeugdiges terwyl dit eintlik vir bejaardes geoormerk was, voer hulle aan.

Nóg ‘n beskuldiging teen Wambo is dat hy na bewering droogtehulp uitgedeel het soos hy goedgedink het, ‘n sportstadion onregmatig na homself vernoem het en dat hy na bewering private nommerplate op regeringsvoertuie aanbring sodat hy dit vir private doeleindes kan gebruik.

Daarbenewens voer die landbougemeenskap in die streek ook aan dat hy hom nie aan hul pleidooie steur nie.

Die inwoners eis ook antwoorde op die beweerde ongemagtigde aankoop van voertuie en eiendomme vir die streeksraad, die “onverantwoordelike” besteding van reis- en verblyftoelaes en die vermeende huur van ‘n Mercedes Benz teen N$300 000 vir sy gebruik terwyl hy wel oor ‘n staatsvoertuig beskik.

“Ons is keelvol vir raadslid Wambo se wetteloosheid,” het die organiseerder van die optog, mnr. Bartolomeus Pieters, gister gesê.

“Ons wil nie vir raadslid Edward Wambo as ons leier in die Hardapstreek hê nie en wil nie hê hy moet ons op enige gebied lei tensy hy demokraties en op ‘n deurstigtige en regverdige wyse in die toekoms verkies word nie,” lui die klagskrif.

Ontken beskuldigings

Oor aantygings dat hy verantwoordelik is vir mislukte maatskaplike projekte in die Rehoboth-kiesafdeling, het Wambo gesê hy as individuele raadslid het nie die vermoë om finansiering by die regering te kry nie. Hy’t bygevoeg dat instellings soos die Rehoboth-stadsraad en die Hardap-streeksraad hiervoor verantwoordelik gehou moet word.

Hy het gesê die Rehoboth-stadsraad het geld wat vir maatskaplike projekte beoog is, elders bestee.

Wambo het ook verwys na die mislukking van die rioolstelsel, en benadruk dat hy nie ’n lid van die plaaslike tenderraad is nie en daarom geen sê in die toekenning van tenders het nie.

Oor beskuldigings dat hy droogteverligtingsgeld toegeken het soos hy wou, het hy gesê: “Ek is die raadslid en ek moet instruksies gee oor wat gebeur.”

Hy het wel bygevoeg dat die verspreiding van hierdie geld met die insette van die gemeenskap gedoen word.

Wambo ontken ook dat hy staatsvoertuie misbruik het.

Die Mercedes Benz wat hy gebruik het, is afgeskryf ná hy in ’n ongeluk daarmee betrokke was kort ná dit aangekoop is.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.81 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.15 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.86 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 133.03 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.16 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 381.13/OZ UP +0.05% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.29% | Zinc US$ 2 856.10/T UP 1.23% | Brent Crude Oil US$ 86.83/BBP DOWN -0.0038 | Platinum US$ 926.50/OZ DOWN -0.0104 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.81 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.15 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.86 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 133.03 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.16 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 381.13/OZ UP +0.05% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.29% | Zinc US$ 2 856.10/T UP 1.23% | Brent Crude Oil US$ 86.83/BBP DOWN -0.0038 | Platinum US$ 926.50/OZ DOWN -0.0104