'Weg met liegmasjiene'

Politieke partye sê dit is belangrik om geloofwaardigheid weer deel van die verkiesing te maak.
Catherine Sasman
Catherine Sasman



Opposisiepartye sê hulle ondersteun die Rally for ­Democracy and Progress (RDP) se mosie om elektroniese stemmasjiene (EVM's) van die Namibiese ­verkiesingstelsel te verwyder.

Toe die RDP dié mosie in Maart verlede jaar ter tafel gelê het, is gesê nie minder nie as 10 politieke partye het in 2011 gevoel die EVM's is “ongetoetsde tegnologie”.

Hulle het beswaar ge­maak teen die feit dat die masjiene geen oudit-papierspoor (VVPAT) het wat deur die kieser na­gegaan kan word nie.

Toe is voorgestel EVM's moet in die destydse ­tussenverkiesing saam met stembriewe gebruik word om vertroue in die gebruik van die ­masjiene te kweek, asook om ­ervaring daarvan op te doen. Dit het egter nie gebeur nie.

Die EVM's is deur die ­gewysigde Verkiesingswet van 2014 as 'n stemmetode ingestel.

Die wysiging bepaal egter die gebruik van EVM's moet onderhewig wees aan die ­gelyktydige gebruik van VVPAT, en enige stem moet deur 'n papierspoor nagegaan kan word.

Artikel 99 van die verkiesingswet maak ook voorsiening vir die gebruik van stemreg deur geheime stemming.



PARTYE

Die RDP sê die wantroue in die EVM's spruit uit die feit dat die aangepaste wet bepaal die masjiene kan slegs gedeeltelik geïmplementeer word – met ander woorde sonder 'n papierspoor, wat beteken 'n stembrief kan nie bevestig word in die geval van 'n verkiesingsuitdaging nie.

Die EVM's is tot dusver sonder VVPAT gebruik.

Mnr. Clinton Swartbooi, leier van die Land­less ­People's Movement (LPM), wat by die verkiesingskommissie van Namibië (ECN) as 'n politieke party ­geregistreer is, sê hulle wil die ECN uitdaag om 'n ­openbare dag aan te bied om EVM's te toets. Hy sê die stemproses behoort oop te wees vir eksterne inspeksie en bekragtiging en dat 'n ander, geloofwaardige manier gevind moet word om te bepaal watter mense toesig oor dié ­masjiene tydens die ­verkiesing moet hou, asook oor die tel van stemme en die nagaan daarvan.

“Ek dink nie hulle (ECN) behoort enigiets te hê om weg te steek nie,” het Swartbooi gesê.

“Ons wil nie hê die EVM's moet in 'n OTM verander nie: Wat jy insit, is wat jy uitkry. As die ­masjiene betroubaar is, wil ons hê dit moet weergee wat kiesers insit, en nie wat die ECN insleutel nie,” het hy gesê.

Mnr. Henk Mudge het gesê die Republikeinse Party (RP) steun die RDP se mosie ten volle.

“Ons sal alles moontlik doen om druk op die ECN te plaas om weg te doen met die EVM's – selfs al beteken dit ons moet dit in die hof uitdaag. Ons hoop ander politieke partye sal ons steun,” het Mudge gesê.

Hy sê opposisiepartye vertrou nie EVM's nie en kiesers is nie gemaklik daarmee om dit te gebruik nie.

“As die ECN en Swapo vasbeslote is om die ­masjiene te gebruik, moet ons bevraagteken waarom dit so is – dít op sigself moet 'n waarskuwingsteken wees,” het Mudge gesê.



NAMIBIË AS ­PROEFKONYN

Swanu se president, dr. Tangeni Iijambo, het gesê: “Swanu is 'n party vir intellektueles. Ons weet Indië was een van die eerste lande om Swapo as die 'regering in balling­skap' voor onafhanklikheid te erken. Alles wat elektronies is, kan vooraf geprogrammeer word.”

Iijambo het gesê die Indiese, ­staatsbeheerde maatskappy Bharat Electronics Ltd, wat die EVM's vervaardig het, kon die masjiene vooraf ­geprogrammeer het om 'n meerderheidstem vir Swapo te verseker.

“Ek verstaan ook nie waarom Namibië met sy klein bevolking die proefkonyn vir die gebruik van hierdie '­liegmasjiene' moet wees nie. Die ­masjiene moet heeltemal verwyder word en ons moet na die stembrief terugkeer,” het Iijambo gesê.

Die president van die All People's Party (APP), mnr. Ignatius Shixwameni, sê die EVM's moet sáám met die VVPAT gebruik word en verkiesings­uitslae moet by stemlokale aangekondig word sodra die uitslae uit is.

“Ons weet die masjiene is mensgemaak en kan 'reggemaak' word. Ons is egter nie teen tegnologie gekant nie en ons kan nie na die steentydperk teruggaan nie. Daar kan ook met stembriewe geknoei word.

“Ons moet vertroue in die verkiesingsproses herstel deur seker te maak alle politieke partye weet die risiko vir ­manipulasie word verminder,” het Shixwameni gesê.

Shixwameni sê die uitslae moet so gou moont­lik by ­stempunte vertoon word, maar kiesers moet ook toegelaat word om die tellery van stemme waar te neem – soos tydens die pasafgelope verkiesing in Nigerië.

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.76 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.88 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.14 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.76 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.88 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.14 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%