‘Weg met fosfaatmynbou’

Petisie oorhandig

11 September 2019 | Howe
Ellanie Smit - Terwyl die omstrede mariene fosfaatmynbou-sage gister weer ’n draai in die Windhoekse hoërhof gemaak het, het betogers die hoofstrad se strate ingevaar.

Die Nasionale Unie vir Namibiese Werkers (NUNW) het die betoging gelei.

’n Petisie is eers aan die kantoor van die eerste minister oorhandig voor die betogers na die hoërhof opgeruk het.

Die hofsaak betrek drie organisasies wat die Namibiese visbedryf verteenwoordig: die Vonfederation of Namibian Fishing Associations, die Namibian Hake Association en die Midwater Trawling Association of Namibia – asook die maatskappy Omualu Fishing.

Hulle versoek die hof om te verklaar dat ’n mynlisensie wat in Julie 2011 aan Namibian Marine Phosphate (NMP) uitgereik is, verval het omdat die maatskappy nie betyds ’n omgewingsimpakstudie onderneem het en aansoek om ’n omgewingsklaringsertifikaat gedoen het nie.

NMP se voorneme om ’n mariene fosfaatmyn-projek in Namibiese waters van stapel te stuur, het hewige teenkanting van omgewingsbewusts en die Namibiese visbedryf gekry.

Hulle vrees mynboubedrywighede kan die land se mariene hulpbronne ernstige en langtermyn skade berokken en visbedrywighede in gevaar stel.

“Weg met fosfaatmynbou,” het mnr. Job Muniaro, die NUNW se sekretaris-generaal, gesê toe hy petisie in die parlementstuine voorgelees het en duidelik gemaak het Namibië is nie te koop nie.

“Dit is nou vir baie patriotiese Namibiërs duidelik daar is mede-Namibiërs is wat geldgierigheid tot elke prys sal najaag ten koste van volhoubare bestuur van hernubare hulpbronne.”

Hy het gesê die nasie het gesien hoe voorstanders van mariene fosfaatmynbou hard aan die werk is om leiers te manipuleer en vir ’n omgewignsklaringsertifikaat om te koop.

“Ons is vandag hier bymekaar om ons land teen magte te verdedig wat dit deur ekonomiese sabotasie tot stilstand wil bring,” het hy gesê.

Muniaro het gesê dié pogings moet deur alle Namibiërs verwerp en veroordeel word.

“Ons wil ’n sterk boodskap uitstuur dat ons nie te koop is nie,” het hy gesê.

Muniaro het die impak van fosfaatmynbou gelys en waarom dit ’n gevaarlike aktiwiteit is.

Hy het “sogenaamede wetenskaplikes” uitgedaag om te bewys dat fosfaatmynbou nie skadelik vir die omgewing is nie.

Muniaro het ’n soorgelyke situasie in Nieu-Seeland opgehaal waar ’n aansoek om fosfaat te myn verwerp is.

Die sekretaris-generaal het gesê mariene fosfaatmynbou moet noot in Namibië toegelaat word nie, want die nadele weeg swaarder as die voordele.

Hy sê fosfaatmynbou sal ekonomiese, omgewings- en maatskaplike ontwikkeling in Namibië in die gedrang bring.

Muniaro het gesê die regering moet ’n onafhanklike liggaam vestig om volhoubaarheid- en omgewingsimpakstudies te onderneem en strategiese risiko-evaluerings te doen.

Meer as 'n 1 000 inwoners van Walvisbaai, meestal visfabriekwerkers, het Maandag ook teen mariene fosfaatmynbou betoog.

[email protected]

Soortgelyk

 

Moenie polisie-, weermaglede verfilm nie

1 uur gelede | Regering

Die ministerie van verdediging het lede van die publiek gewaarsku om nie foto’s of videos van lede van die Namibiese polisie of die weermag (NDF)...

Teko-trio vrygespreek

6 ure gelede | Howe

Ronelle Rademeyer - Die sakevrou, me. Teckla Lameck, en haar twee vennote, mnre. Yang Fan en Jeroboam (Kongo) Mokaxwa, is vanoggend in die hoërhof in...

Dokters wis nie van voorskrifte

16 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht Geen amptelike kennisgewing is aan lede van die twee grootste verenigings vir dokters in die land uitgestuur oor die herske­dulering van medikasie, insluitende...

Regering kry skuld vir SOE-gemors

16 ure gelede | Regering

Denver Kisting Die regering is 'n swak aandeelhouer.Só het die adjunk- uitvoerende direkteur van staatsdiensondernemings, me. Louise Shixwameni, gister op die ontbytprogram Good Morning Namibia...

Teenstropery: 280 polisielede veg saam

16 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg Altesaam 280 polisielede van oraloor die land word in teenstropingseenhede op 'n driemaandelikse roteringsbasis in die Palmwagkonsessie en die Etosha en Bwabwata Nasionale...

Meer as N$350 000 se goedere kry voete

16 ure gelede | Misdaad

Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het skelms Woensdag om 14:00 die venster van 'n voertuig in Windhoek se noordelike nywerheidsgebied stukkend geslaan. Die insittende...

Weer vir 18 September

16 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Baie warm toestande sal oor die binneland voortduur.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die Suide, andersins sonnig en baie tot bloedig warm.KUS: Bewolk...

Konferensie fokus op gehalte-onderrig

16 ure gelede | Onderwys

Die Nasionale Raad vir Hoër Onderrig het, in vennootskap met die Namibiese Kwalifikasie-owerheid en die Universiteit van Namibië (Unam), die Universiteit van Wetenskap en Tegnologie...

'n Kolwyntjie vir Nadine

16 ure gelede | Plaaslik

Tanja Bause'n Elfjarige meisie van Windhoek het verlede jaar tydens die Internasionale Dansfees in Suid-Afrika stof in ander deelnemers sê oë geskop, en is hard...