Weesrenosterkalf oorleef ’n maand in bos

25 November 2021 | Omgewing
Tanja Bause

Mwezi, die klein swartrenosterkalf wie se ma deur stropers doodgeskiet is, kan al self staan. Die kalfie is sowat ’n week gelede om twaalfuur die nag tydens volmaan op ’n plaas in Namibië gevind. Stropers het haar ma ses weke tevore ook op volmaan doodgemaak.

Volgens mnr. Björn Basler van die Helmeringhausen Hotel het Mwezi vir ’n hele maand alleen in die bos oorleef.

“Haar ma is dood op volmaan en ons het haar op volmaan gekry, Ons het haar Mbaamwezi genoem wat “maanskyn” in Swahili beteken. Toe ons vir Mwezi gevind het, was sy geweldig ontwater en ondervoed. Dis ’n wonder sy kon vir vier weke haarself aan die lewe hou,” het hy gesê.

Sy het nou tussen 18 tot 28 liter vetvrye melk nodig en dit is hoekom die Helmeringhausen Hotel met ’n Kers-melkinsamelingsveldtog begin het.

“In plaas daarvan om ’n speelding vir jou kind te koop, koop melk vir Mwezi en maak ’n klein renoster sonder ’n ma gelukkig. Ons sal vir jou ’n sertifikaat met ’n foto van Mwezi en die naam van jou kind op stuur om dankie namens haar te sê. Die sertifikaat kan gedruk en onder die Kersboom geplaas word.”

Volgens Basler is Mwezi nog steeds ontwater en sy het nog baie aandag en versorging nodig. Almal is egter optimisties sy sal oorleef en sy kan reeds self staan.

“Mense wat melk wil skenk, kan vir my ’n epos na [email protected] stuur en ek sal kontak met hulle maak. Ons samel die geld in en ek gaan koop ’n palet van die melk (900 liter) teen ’n spesiale prys. Ek lewer dit dan by die plaas af. Ons gaan nie die plek waar Mwezi is bekend maak nie om haar en ander renosters te beskerm.” - [email protected]

Soortgelyk

 

Weer vir 25 November 2021

5 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Sterk westewinde kan vandag en môre oor die binneland waai.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm in die suide en ooste met enkele...

Shortie en die pienk padstal

5 ure gelede | Gemeenskap

Tanja BauseBy die kruising van die B8-pad van Grootfontein en die C44-pad na Tsumkwe is ‘n helder pienk padstal onder ’n paar bome geparkeer. Die...

Headspring Investments sê oor boorpermitte

13 ure gelede | Omgewing

Headspring Investments lig sy boorkontrakteurs gereeld oor permitvoorwaardes in en die kontrak met kontrakteurs sluit klousules in wat bepaal hulle moet oor die registrasies en...

Meer as 50% van geteikende bejaarde bevolking ingeënt

14 ure gelede | Gesondheid

Namibië het 55% van sy geteikende bejaarde bevolking ingeënt, terwyl 49,8% van die teikenbevolking van mense met onderliggende toestande 'n entstof teen Covid-19 ontvang het....

Twee tuissterftes, 15 nuwe gevalle

15 ure gelede | Gesondheid

Twee tuissterftes in die Noorde van die land stoot die Covid-sterftesyfer op tot 3 571. Gister is 15 nuwe gevalle aangemeld, 'n positiewe koers van...

Kospryse deur die dak

1 dag gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer Voedselpryse het wêreldwyd die hoogste vlak in tien jaar bereik en lande sal vanjaar meer as US$1,75 triljoen (sowat N$27 triljoen) aan voedselinvoere...

Toerisme: N$100...

1 dag gelede | Toerisme

Erwin Leuschner Swakopmund was gister die eerste om besonder­hede oor die regering se herlewingsplan vir toerisme te hoor.Die konsepplan strek van 2022 tot 2024 en...

Nog ’n Fishrotter doen aansoek om borgtog

1 dag gelede | Howe

Kristien KrugerNog ’n beskuldigde in die Fishrot-sage se formele aansoek om borgtog sal vandag in die hoërhof in Windhoek begin.Regter Johanna Salionga het gister die...

Namibiër deur Prins William vereer

1 dag gelede | Omgewing

Die uitvoerende hoof van Save the Rhino Trust (SRT) in Namibië, Simson Uri-Khob, is Maandagaand in Londen met die Prins William-toekenning vir Bewaring in Afrika...